Agri Kultuur Julie / July 2014 | Page 70

Gestopte Wildsrol 2 kg wildsvleis (boud of blad) 250 g ontbytspek 250 ml rooi wyn 250 ml water 30 ml olyfolie Vulsel: 200 g varkspek, in klein blokkies gensy 250 g sampioene, fyngekap 1 klein uit, fyngekap 15 ml fyngekapte vars roosmaryn 5 ml fyngekapte vars tiemie 10 ml knoffel, fyn gedruk 5 ml fyn koljander 5 ml sout 2 ml gemaalde swart peper Metode: Meng al die bestanddele vir die vulsel. Vlek die vleis, en plaas vulsel op die vleis. Rol vleis op en bind vas met tou. Draai ontbytspek om die vleisrol, steek vas met tandestokkies. Verhit olie in ‘n swaarboom kastrol en braai die rol bruin aan alle kante. Verlaag tempratuur, voeg wyn en water by en laat prut tot gaar. Laat vleis ‘n paar minute rus, sny in skywe, verwyder tandestokkies en tou, en dien op.