Agri Kultuur Julie / July 2014 | Page 69

Sampioen Sosaties 500 g sampioene (‘n verskeidenheid sampioene maak dit meer interessant) Bestanddele vir marinade 75 ml suurlemoensap 45 ml vars, gekapte pietersielie 15 ml bruin suiker 5 ml sout 2 ml vars gemaalde swart peper 2 knoffelhuisies, fyngedruk 30 ml balsamiese asyn Metode Plaas al die bestanddele vir die marinade in ‘n voedselverwerker en buzz tot glad en gemeng. Sny sampioene in die helfte, plaas in ‘n bak met deksel wat dig seël, en skud om al die sampioene deeglik te bedek. Marineer vir 30-45 minute, en skud af en toe die bak. Ryg sampioene op stokkies, bedruip met sous. Braai op warm kole of rooster in warm oond vir 3 minute aan elke kant, en bedruip weer met oorblywende sous wanneer dit gedraai word.