Agri Kultuur Julie / July 2014 | Page 46

Artikel & Foto Noelene Mostert VILLA CROP PROTECTION O esbeskermingsprodukte is onontbeerlik vir die handhawing van landbouproduksie. Dit is noodsaaklik dat gewasse teen bekostigbare pryse geproduseer en bemark word om die bevolking te voed. Dié produksie kan egter nie sonder die behoorlike beskerming van oeste teen die aanslae van onkruide, peste en plae geskied nie. Gewasse moet meeding met ongeveer 30 000 onkruid spesies, 3 000 aalwurm spesies en 10 000 swam spesies. Dit is dus belangrik dat die opbrengs en gehalte van die oes vir die produsent verbeter word deur gebruik te maak van ‘n wye reeks plaagbestrydingsprodukte wat onkruiddoders, insekdoders, swamdoders, plantgroeireguleerders en byvoegmiddels insluit. Nommerpas produkte vir die SuidAfrikaanse produsent verg egter ʼn wesenlike belegging in gefokusde plaaslike navorsing. Wêreldwyd begin die tendens van minder nuwe tegnologie in die arena van gepatenteerde oesbeskermingsprodukte kop uitsteek. Nuwe gepatenteerde oesbeskermingsprodukte raak skaarser en duurder om te ontwikkel. Tesame hiermee is wetgewing besig om ontslae te raak van ou chemie, soos wat die geval is met sekere organo-fosfate en dergelike produkte wat bv. deur EU wetgewing verbied word. Die geheim om die bruikbare lewe van oesbeskermingsprodukte te verleng, is om beter weerstandbestuur toe te pas. Sommige oesbeskermingsmaatskappye soos Villa Crop Protection, se rol om weerstand teen te werk, vind inslag in die manier waarop die maatskappye aktiewe bestanddele, waarvan die patent verval het, kombineer om splinternuwe produkte te vervaardig, wat verskillende aksie-meganis -mes bevat, en sodoende die uitdaging van weerstandbestuur doeltreffend aanspreek. Alhoewel daar van sommige oorde bekommernis uitgespreek is oor die veiligheid van oesbeskermingsprodukte, is daar deurlopende navorsing en streng regulasies wat die veiligheid van die produkte verseker. Die regulatoriese raamwerk van oesbeskermingsprodukte sluit nasionale en internasionale wetgewing in wat die veiligheid van die gebruikers, die verbruikers en die omgewing verseker. Sonder hierdie belangrike gewasbeskerming en plaagbeheertegnologie, sal voedselproduksie daal, en die prys van voedsel sal styg. Voldoende betroubare kosvoorraad kan dus nie gewaarborg word sonder die gebruik van oesbeskermingsprodukte nie.