Agri Kultuur Julie / July 2014 | Page 38

Sitrus Nuus: EU Afvaardiging besoek Suid-Afrikaanse Produsente E uropese beamptes het Suid-Afrika twee weke gelede op uitnodiging van die Departement Landbou, Visserye en Bosbou besoek om hul te vergewis van die maatreëls wat in plek gestel is vir die beheer van Sitrus Swartvlek. Onder die afgevaardigdes was die Europese Unie se Ambassadeur (uit Nederland), die Spaanse Ambassadeur en die Nederlandse Landboukundige Raadgewer, EU afgevaardigde (Riaan de Lange), Spaanse Ekonomiese Raadgewer, Emilio Calvo en die Italiaanse Kommersiële Attaché, Gerardo De Maio. Hierdie was ‘n geleentheid vir die Suid-Afrikaners om te bewys dat die sitrusindustrie totaal verbind is tot die beheer van Sitrus Swartvlek met maatreëls, prosedures en kontroles deeglik in plek. Die besoek behoort tot ‘n dramatiese afname in die getal onderskeppings deur die EU te lei. Op pad terug na Pretoria, het Amassadeur van de Geer opgemerk dat hy beïndruk was met die samewerking tussen die regering (DAFF, DIRCO en PPECB) en die industrie (CGA en CRI). Hy was vol vertroue dat hy kan terugrapporteer dat Suid-Afrika ernstig is om aan die EU vereistes te voldoen. Die afvaardiging is aan die veelvuldige en uiteenlopende vereistes, sertifiserings en oudits wat vereis word ten einde ‘n wêreldklas uitvoerder te kan bly bekendgestel. Nadat hulle die dokumentasie en administrasie wat benodig word om aan uitvoervereistes te voldoen gesien het, het die groep ook die chemiese store geinspekteer en ‘n sproeimasjien in die boord aan die werk, besigtig. In die boorde kon hul ook eerstehands kennis neem van hoe die vrugte geselekteer word vir die ethephon-toetse terwyl plukkers aktief aan die werk was. Met ‘n verskeidenheid boorde waar ethepon toetsing nog benodig sal word, wag daar steeds frustrasie en ongelukkigheid. DAFF werk egter onverpoosd om dié leemtes uit die weg te ruim met PPECB wie se werk ook binnekort sal begin. Volgens die CGA, sal alle partye moet saamwerk om die vrugteverskuiwing aan die gang te hou. Die onsekerheid m.b.t. die implementeringsdatum is steeds ‘n probleem. – verskeping is nie ‘n defnitiewe wetenskap nie en daar word gevrees dat vrugte in die Die pakhuis was die hoogtepunt vir die besoekers – die EU kan aanland sonder die nodige sertifisering. Soos verpakkingsproses met die nuutste tegnologie in volle met enige nuwe maatreëls, sal daar tandekry probleme swang en die werksgeleenthede wat deur ‘n uitvoerwees en word daar gehoop dat daar ‘n mate van buigpakhuis gebied word, was baie duidelik sigbaar. Die saamheid deur die EU met die aankoms van sodanige PPECB inspekteur was deurgaans beskikbaar en kon sy vrugte getoon sal word. rol in die phytosanitêre en kwaliteitversekeringproses verduidelik. Die afvaardiging kon ook die daaropvolgende stappe in die toets van vrugte vanuit die boord Bron: Vertaal en verwerk uit EU officials visit South soos, die dompeling in ethepon en twee weke stoorAfrican growers by Nichola Watson 6/30/2014 proses besigtig. www.freshplaza.com