Agri Kultuur Julie / July 2014 | Page 37

Photo: www.youtube.com ‘n Eenvoudige goedkoop sproeisisteem voer die voedingstofryke oplossing na die wortelstelsel. Kratte van herwinde plastiek met ‘n deksel wat dig sluit is ‘n goeie manier om jou eie aeroponika stelsel mee te bou. Met toenemende bevolkingsgroei en die toenemende druk wat op natuurlike hulpbronne geplaas word, het die verbouing van voedsel met die oog op voedselsekerheid meer noodsaaklik geword en navorsing oor nuwe metodes van produksie, in toenemende mate gestimuleer. Aeroponika is een hiervan en vandag word groot bedrae geld wêreldwyd hieraan bestee. Voordele van Aeroponika Feitlik enige plant kan in ‘n aeoroponiese stelsel gekweek word. Plante groei vinniger, gee ‘n groter opbrengs en is gesonder as plante wat in grond gekweek word. Dit benodig minder spasie en maak dit dus ideaal om binnenshuis te kweek. Geen groeimedium word benodig nie. Voorts benodig die stelsel slegs dat die wortels van die plant in ‘n verdonkerde houer periodiek met ‘n voedingstofryke oplossing bespuit word. Hierdie eenvoudige tipe stelsel veroorsaak dat plante vertikaal gestapel kan word en derhalwe minder spasie opneem as konvensionele stelsels. Photo: www.naturallyearthfriendly.com Die deksel se gate is groot genoeg om plek te maak vir die saailinghouers.Die kleibolletjies in die mandjies kan ook vervang word met enige ander medium soos klein klippies. Photo: www.makezine.com Wat jy ookal beoog, met aeroponika kan kan jy in ‘n baie klein area, ‘n groot klomp plante inpas met gevolglike hoer opbrengs in geval van groente en meer kleur in die geval van blomme. Aangesien ‘n groeimedium nie benodig word nie, is die massa van die plantmateriaal feitlik al waarmee rekening gehou moet word en is aeroponika derhalwe geskik vir areas wat nie swaar gewig kan dra nie. Beperkings van Aeroponika Aangesien aeroponika gebruik maak van ‘n baie fyn missproei is die verstopping van die sproeiertjies dikwels ‘n probleem. Dit kan egter voorkom word deur gereeld jou spuitstelsel deeglik te spoel. Met die toeding van periodieke sproei van die oplossing is suustofbelugting van die wortels hoër en bevogtiging konstant. Die wortelsteselle ontvang dus 100% van die beskikbare suurstof en koostofdioksied wat tot gevolg het dat plante langer en vinniger groei. Dit verhoog die groei van biomassa en verkort die tydperk van wortelvorming. Daar is heelwat inligting beskikbaar vir die voornemende aeoroponikaboer. Gaan krap gerus rond op die internet en soek bietjie rond om beskrywings en selfs video’s te sien wat jou voorkeure en begroting sal pas. Soos in die geval van hidroponika en akwaponika, verbruik aeroponika 90% minder water as konvensionele grondgebaseerde boerdery. Omdat die mikro-omgewing beter beheer kan word, kan feitlik enige soort plant suksesvol gekweek word wat dit meer voordelig as hidro- of akwaponika maak. Die grootste nadeel van aeroponika vir die normale persoon is dat dit nie sommer ‘n terloopse manier van boerdery is nie. Anders as grondgebaseerde boerderypraktyke kan jy nie sommer net saad in die grond druk en hoop vir die beste nie. As jy egter nie bang is vir ‘n bietjie huiswerk nie, is daar ‘n groot verskeidenheid stelsels wat jou in staat sal stel om suksesvol met aeroponika tuis, by wyse van DDS metodes, te boer. Sien ook in ons leefstyl gedeelte, hoe om jou eie Aeroponika stelsel te bou. Bronne: www.wikipedia.org/wiki/Aeroponics www.rocketswag.com/gardening/Hydroponics/aeroponics/History-Of-Aeroponics.html www.farmxhange.org/diy-aeroponics/ www.gardeningknowhow.com/garden-how-to/projects/diy-aeroponics-how-to