Agri Kultuur Julie / July 2014 | Page 30

plantings, veral as daar ʼn opeenvolging van besproeiingsmielies plaasvind. Waarop berus die beheer van MSV? Soos met die meeste plantsiektes is daar gewoonlik nie ʼn enkele oplossing (“Silver bullet”) wat ʼn waarborg sal wees teen geen siekte nie. In die geval van MSV is dit self nog meer kompleks omdat die beheer daarvan toegespits moet word op die virus en die bladspringer. Die uiteindelike beheerstrategie is daarop gemik om te voorkom dat die bladspringer lank genoeg en op die kritieke stadium van die mielieplant voed om die virus te kan oordra. So al het ʼn mieliebaster ʼn mate van toleransie moet die getalle van die bladspringer steeds so laag as moontlik gehou word aangesien die beste pogings om die siekte te verdra nie voldoende sal wees as die druk swaar is, en die plant uiteindelik bloot ingee nie. Risikobestuur berus dus op ʼn kombinasie van maatreëls. 1. Bestuurspraktyke  Plantdatum en wisselbou kan die voorkoms van MSV verminder.  Onkruidbeheer om bron van vektore te verminder.  ʼn Verhoogde kunsmistoediening kan ook MSV verliese verminder. 2. Weerstand is veral effektief en meer sigbaar in basters wat geteel en ontwikkel is in areas waar die siekte endemies voorkom. 3. Chemiese beheer Kan mens die bladspringer getalle laag hou? Tot ʼn mate maar dis geen maklike taak nie. Natuurlik speel iets soos goeie onkruidbeheer ʼn groot rol aangesien die bladspringers op grasse, bosse en ander onkruide kan oorleef. Sodra daar dan geïsoleerde mielies in die omgewing is wat jonk en kwesbaar is sal die bladspringers bloot daarheen migreer en konsentreer waar dit groot skade sal veroorsaak. In die geval van matige winters oorleef baie van die bladspringers en is die druk net soveel groter in die nuwe seisoen. In besproeiingsareas is daar ook heelwat ander gewasse wat as ʼn groenbrug kan dien om die bladspringers dwarsdeur die jaar aan die gang te hou (bv. lusern, koring ens). Weereens sodra die koring verwyder word en dus die bron van voeding vir die bladspringers, soek dit na nuwe voedingsbronne en beweeg die bladspringers net daarvan na die jong mielies toe. Is daar Suid-Afrikaanse basters wat bestand is teen MSV? Daar is feitlik geen mieliebasters in die kommersiële mark wat voldoende weerstand het om die virus totaal en al te beheer nie. In gevalle waar boere meen dat die baster meer bestand is as ʼn ander reg langsaan is dit waarskynlik eerder ʼn geval van siekte-ontsnapping. Die plantdatum en die groeiklas van die betrokke baster bepaal tot ʼn groot mate of die bladspringer op ʼn sekere aanplanting voed en ʼn ander een vermy. MSV is ʼn virus wat uniek is aan die Afrika kontinent. Hoewel van die plaaslike geteelde Afrika mieliebasters in sommige gevalle oor ʼn mate van toleransie beskik – met ander woorde dit kan die siekte verdra, en alhoewel daar steeds koppe vorm al kom daar simptome op die plant voor, spring die plante egter nooit die siekte heeltemal vry nie. Hoekom is daar mieliebasters op die mark wat so baie vatbaar is vir MSV en wat is die rede dat ons meer MSV in die kortgroeiers sien? Opbrengs en siekteweerstand is in meeste gewasse negatief gekorreleerd. Boere streef gedurig na hoër opbrengste of sekere groeiklasbasters wat dit moontlik maak om dit in sekere areas te kan plant, teen hoër plantpopulasies. Basters uit die vinniger groeiklasse maak ook aanplantings van opvolggewasse makliker. Hierdie tipe mieliebasters maak dit ook moontlik dat die plantperiode oor ʼn langer tyd kan strek en daar dikwels ʼn opeenvolging van jong plante is wat kwesbaar is. Van die basters in die vinnigergroeiklas blyk dus meer vatbaar vir MSV te wees. Hierdie basters is geteel met hoë opbrengspotensiaal en eienskappe soos om staan-