spesiale verwantskap tussen die
virus en die bladspringer.
Hoe werk die verwantskap
tussen virus en vektor?
Die enigste natuurlike wyse van
oordrag is deurmiddel van bladspringers. Die vektor verkry die
virus in so min as 15 sekondes
nadat dit die mesofil van ʼn
besmette blaar gepenetreer het. Na
ʼn latente periode van 6-12 uur kan
dit die virus oordra na mielies binne
ʼn 5 minute voedingsperiode, die
tyd wat dit vir die insek se stilet
neem om die floëem (vaatweefsel)
van ʼn mielieblaar te bereik. Die
latente periode verteenwoordig die
tyd wat die virus benodig om van
die insek se maag deur die
hemoseel* tot in die speekselkliere
te beweeg, waar dit eers beskikbaar is vir oordraging. Die lengte
van hierdie tydperk is afhanklik van
temperatuur en kan 6-12 ure by
30 °C of 85 uur by 16 °C duur.
Sodra die vek-tor die virus eenkeer
opgeneem het, kan hy dit lewenslank oordra. MSV kan deur al 5
nimfale instar stadia van C. mbila
verkry en oorgedra word en behou
die virus selfs na vervelling. Dit
vermeerder egter nie as sodanig in
die vektor nie. Die virus kan nie
oorgedra word na die volgende
generasie insekte deur die eiers nie.
Die virus konsentrasie in die plant,
die lengte van die voedingsperiode,
en die tydsduur van inokulasie
beïnvloed die frekwensie van
oordrag en volharding van MSV in
die insekte.
*Die hemoseel is die belangrikste liggaamsholte van ongewerweldes, soos
insekte. Insekte besit nie ʼn bloedvatstelsel soos dié in soogdiere nie. In plaas
daarvan het insekte ʼn holte wat vol insekte bloed (bekend as hemolimf) is en
die organe van die insekte kom hier in
suspensie voor. Dit beteken dat die organe nie ʼn spesifieke bloedvoorraad het
nie maar bloed en voedingstowwe ontvang soos die bloed rondom die organe
"spoel".
Watter toestande bevorder die
ontwikkeling van siekte en
verspreiding van vektore?
MSV epidemies is meer intens in
tropiese gebiede. Virus verspreiding
tussen gewasse word bevorder
deur opeenvolgende verbouing van
gashere en die teenwoordigheid
van wilde grasse, wat dien as reservoir s van beide virus en vektore, die
wye verskeidenheid van plantspesies waarop bladspringers voed en
die vermoë van die vektore om
MSV aanhoudend oor te dra.
Insekte kan ook oor aansienlike
afstande migreer. In ʼn warm nat
seisoen ontwikkel C. mbila ʼn lang
liggaamsvorm en hierdie morf vlieg
minder as 10 meter, en slegs geïsoleerde kolle van die siekte ontwikkel. Sodra mielies egter volwassenheid bereik en onder droër
toestande, wanneer die voedselbron van die vektor begin verdroog, ontwikkel die sterker,
vlieënde, kort lyf vorm van C.
mbila. Uitgebreide migrasie na
jonger aanplantings en besproeiingsgewasse vind dan plaas oor
groot afstande en lei tot wydverspreide misoeste.
Die epidemiologie van die siekte
hang byna geheel en al af van die
bewegings van die bladspringers
wat voed en vermeerder op die
meeste groot graangewasse, eenjarige grasse, meerjarige grasse,
weidings en natuurlike grasveld.
Gras geminivirusse het oor die algemeen wye, en dikwels oorvleuelende gasheerreekse. In SuiderAfrika is streepsiekte al in wilde en
aangeplante grasspesies aangeteken. Hoewel bladspringers se
digtheid laag is in natuurlike grasveld, dien hierdie gebiede as ʼn
groot bron van insekte. Daar kan 59 geslagte van bladspringers ontwikkel per jaar, afhangende van die
temperatuur en reënval. Meer eiers
word gelê by hoër temperature en
gedurende die reënseisoen of
onder besproeiingstoestande. Die
belangrikste vlugtydperk is aan die
einde van die reënseisoen, of
tydens blomstadia van graangewasse.
Grane en jong eenjarige gewasse
word hoofsaaklik deur vroulike
insekte gekoloniseer en meeste van
die MSV infeksies binne die gewas
word toegeskryf aan hierdie immigrante. Nageslag van hierdie
insekte word gewoonlik nie belangrik geag in die sekondêre verspreiding binne die aanplanting nie,
maar is belangrik as bronne van
inokulum vir nabygeleë aan-