Artikel en Foto’s deur Rikus Kloppers
PANNAR
M
mieliestreepsiekte of
MSV is ʼn virussiekte
en word veroorsaak
deur die Mieliestreepvirus (MSV) en word oorgedra
en versprei deur ʼn vektor, die bladspringer Cicadulina mbila.
Hoe lyk die tipiese simptome?
Mieliestreepsiekte manifesteer
ongeveer 3-7 dae na voeding as
klein bleek, 0,5-2 mm deursnee
kolletjies op die laagste, blootgestelde gedeeltes van die blaar.
Simptome kan ook baie wissel
afhangende van die gasheer, kultivar of virus isolaat. Slegs nuutgevormde blaarweefsel ontwikkel
simptome terwyl die blare onder die
punt van infeksie gesond bly. In
ernstige gevalle, ontwikkel die kolle
later in lang strepe wat uiteindelik
oor die hele lengte van die blaar
strek, op die blaarnerwe, met die
primêre are minder geraak as
sekondêre of tersiêre are. Die
chlorose (vergeling) word veroorsaak deur die onvermoë van die
chloroplaste, nodig vir fotosintese,
om te ontwikkel in die weefsel
rondom die vaatbondels. Dit lei tot
verminderde fotosintese, respirasie
verhoog, wat weer lei tot ʼn afname
in blaarlengte en planthoogte, wat
oorsprong gee aan tipiese geel
groen verdwergde plante. Mielieplante wat voor die 4-5 blaarstadium geïnfekteer word produseer dikwels misvormde koppe of
gee swak opbrengste. Sommige
isolate uit Suid-Afrika veroorsaak
ook ʼn rooi pigmentasie op die blare
wat eerste geïnfekteer is.
hoë vektordruk, feitlik 100% simptomatiese plante met feitlik totale
opbrengsverliese tot gevolg gehad
het.
Waar en op watter gewasse kom
MSV voor?
MSV is ʼn ernstige beperking in
mielieproduksie in die hele subSahara-Afrika, Egipte en die eilande
in die Indiese Oseaan (Mauritius,
Reunion, Madagaskar). MSV infekteer ook ander gewasse soos hawer,
koring, gars, sorghum, manna,
vinger manna, suikerriet en wilde
grasse en hoewel dit van geringe
ekonomiese belang is, dien dit as
oorlewingsbron.
Opbrengsverliese wissel met die tyd
van infeksie en kultivarweerstand,
met die grootste vermindering van
graanopbrengs in plante wat op ʼn
vroeë stadium besmet is. Opbrengsverliese in mielies as gevolg van
MSV hou direk verband met die tyd
van infeksie. Besmette saailinge
sterf af en gee geen opbrengs nie.
Plante wat by die 2, 4, 6, 8 en 10
blaarstadium besmet word, toon
opbrengsverliese van ongeveer
55%, 45%, 40%, 33%, en 25%
onderskeidelik.
Wat is die siekte se ekonomiese
impak?
Regoor die tropiese dele van Afrika
word mielies hoofsaaklik geplant in
bestaansboerderye en is werklike
skattings en finansiële verliese as
gevolg van streepsiekte nie bekend
nie. Die impak daarvan in klein aanplantings, weens groter blootstelling aan vektore van buite is egter
groter. Hier word die hele landjie
dikwels vernietig en is daar geen
graanvoorraad/opbrengs nie, wat ʼn
ernstige bedreiging vir voedselsekuriteit inhou. In kommersiële
aanplantings is dit dikwels net
enkele plante wat die MSV simptome wys en is die opbrengsverliese
gering. Daar is egter gevalle waargeneem waar ʼn totale aanplanting
op vroeë stadium, as gevolg van
Wat maak MSV anders as baie
van die meer algemene
mieliesiektes?
Wat MSV onderskei van ander
siektes is die feit dat die siekte nie
bloot net deur ʼn siekteveroorsakende organisme – in die geval
die Mieliestreepvirus – veroorsaak
word nie maar dat daar ʼn vektor,
(die bladspringer Cicadulina mbila)
betrokke is. Die vektor tree as die
tussenganger op om die virus oor te
dra. Die infeksie vind plaas tydens
die voedingsproses op die mielieplant. Die virus kan op geen ander
manier as deur die vektor oorgedra
word nie. Die infeksie kan nie deur
saadoordraging, stuifmeel,
meganiese kontak, en ander insekte
plaasvind nie. Daar is ook ʼn