Agri Kultuur Julie / July 2014 | Page 24

Noordwes: Sakkie van Zyl S akkie van Zyl, produsent van die plaas Rietfontein Kingswood buite Wolmaranstad is op 11 April 2014 tydens die Agri Noordwes se Jongboerkonferensie in Vryburg, as Noordwes se Jongboer van die Jaar, aangewys. Hierdie jongboer, wat ook baie nou by georganiseerde landbou betrokke is, sê sy toekomsvisie is om volhoubaar en winsgewend te boer asook om sy werkers se omstandighede deurentyd te verbeter. Sakkie boer in vennootskap met sy pa, Fanie. Hul boerdery bestaan hoofsaaklik uit ʼn droëland kontantgewas vertakking wat so ongeveer 80% van die boerderyomset uitmaak. Gewasse wat verbou word sluit in mielies, sonneblom en grondbone. Die ander 20% van die omset word deur die veevertakking wat ʼn kommersiële beeskudde (merendeels Bonsmaras) en ʼn kommersiële Vleismerino skaapkudde insluit , opgeneem. “ Ons voer al ons eie lammers in ons lamvoerkraal en verkoop hulle dan slaggereed,” sê Sakkie. Op ons vraag waarom hy landbou as beroep gekies het, was sy onmiddellike reaksie: “Sjoe, dit is ʼn groot vraag. Ek dink meer dis ʼn geval van landbou het my gekies. Ons het ʼn familieboerdery wat al ʼn lang pad kom en ek is die vyfde generasie op die familieplaas. Van kleintyd af is ek lief vir landbou en dit was vir my ʼn redelike vanselfsprekende keuse om te boer.” maer jare te oorleef, en volgehoue navorsing te doen, onontbeerlik is om te verseker dat die landbousektor internasionaal mededingend bly. Volgens Sakkie is die 3 belangrikste eienskappe van ‘n suksesvolle boerdery die optimisering van produksie, goeie finansiële bestuur en ʼn lojale werksmag. Sakkie het nie uit sy eie besluit om aan die kompetisie deel te neem nie, maar is deur sy boerevereniging se voorsitter aangemoedig om in te skryf. Sakkie sê, “Dit was onder andere vir my baie nodig om krities na my rol in ons boerdery en waarde wat ek toevoeg te kyk. Die blootstelling wat ek deur die deelname hierdeur gekry het is ook van onskatbare waarde vir my” Stygende produksiekoste en die vermoë om internasionaal mededingend te bly en politieke Sakkie se antwoord op ons vraag oor watter wysheid/raad hy vir ander jongboere en nuwe toetreders tot die landbou het was, “Wees positief, werk hard, strewe na uitnemendheid, moenie skaam wees om by ander te gaan kers op steek nie, maak in die tye van voorsp oed voorsiening vir die maer jare en byt vas!” brandpunte soos grondhervorming, arbeid, swak dienslewering en korrupsie, is volgens hom die grootste uitdagings in die Lanbou. Hy meen dat om krities te let op produksiepraktyke , nie onnodige uitgawes aan te gaan nie, voldoende voorsiening te maak om Sakkie beskik oor ‘n Msc Agric graad behaal aan die Universiteit of Pretoria waarna hy as Landbou ekonoom vir bykans 3 jaar by Graan Suid Afrika gewerk het. Hy het hom daarna vir ‘n verdere twee jaar by Syngenta as Bestuurder: Bemarkingsondersteuning aangesluit voordat hy plaas toe gekom het. Hy is tans so 4 jaar voltyds op die plaas.