Agri Kultuur Julie / July 2014 | Page 20

Jongboere is noodsaaklik vir die voortbestaan van ‘n gesonde landboubedryf S antam Landbou het ‘n verantwoordelikheid om te help om ‘n positiewe omgewing vir jongboere te skep en borg met trots die afgelope paar jaar die Jongboer van die Jaarkompetisie in die Wes-Kaap, Noordwes en Vrystaat.Niel Esterhuyse, bemarkingsbestuurder: Santam Landbou, sê die drie streekwenners is onlangs aangewys. “Ons wens al drie jongboere Jaco du Toit (Agri Weskaap), Sakkie van Zyl (Agri Noordwes) en Boeboe Louw (Agri Vrystaat) geluk met hul prestasie as die onderskeie Jongboer van die Jaar toekennings en weet dat hulle nog vir baie jare ‘n groot bydrae tot landbou sal maak.” Gerhard Diedericks, hoof: Santam Landbou, sê dit is vir Santam Landbou ‘n voorreg om verbind te word met ‘n kompetisie wat jong SuidAfrikaanse boere van ‘n hoë kaliber beloon vir hul harde werk en hul bydraes tot die bedryf. “Jongboere het baie uitdagings en is risiko bestuur deel van hulle plan om suksesvol en volhoubaar te boer. Hulle benodig dus al die ondersteuning wat beskikbaar is en dit is hier waar Santam Landbou die verskil maak. Ons moet jong-boere vir die voortbestaan van ‘n gesonde landboubedryf ontwikkel.” Gerhard sê Santam waardeer sy belanghebbendes se besigheid en moet al die uitdagings waarmee hulle te make het, verstaan om regte, egte versekering te verskaf. “Hierdie borgskappe bring ons nie net nader aan ons belanghebben- des nie, maar gee ons ook die geleentheid om kritieke insette te kry wanneer ons nommerpas produkte ontwikkel om in bepaalde behoeftes te voorsien.” Gerhard Diedericks (Hoof van Santam Landbou) saam met Wes-Kaap wenner Jaco du Toit en sy vrou Margot “Hierdie jongboere is dinamies en het beste praktyke in plek – hulle is die boere van die toekoms en ons moet voortgaan om ‘n netwerk met hierdie nuwe geslag op te bou.” Die landboubedryf staan voor talle uitdagings en Diedericks glo dit is Santam Landbou se plig om georganiseerde landbou en landbou-ondernemings in SuidAfrika te help inspireer. Callie Buitendag, Streeksbestuurder van Santam Agri Noordwes) en Sakkie van Zyl, Noord-Wes wenner Volgens hom het die vraag na voedsel in Suid-Afrika die afgelope dekade aansienlik toegeneem en hierdie tendens sal na verwagting voortduur. “Die toename kan gedeeltelik toegeskryf word aan bevolkingsgroei, maar is ook deur groter verbruikerskoopkrag aangehelp. Kommersiële boere het in die verlede ook moeilike tye beleef en word steeds aan risiko’s blootgestel, nou selfs meer as voorheen. “Dit is belangrik dat kommersiële boere van hierdie risiko’s bewus bly en soveel moontlik daarvan verminder. Boeboe Louw, Vrystaat wenner, saam met sy vrou, Annelize “By Santam Landbou poog ons om versekering selfs meer toeganklik, bekostigbaar en aantreklik vir boere en produsente te maak en ons belê steeds in doeltreffende risikobestuur om ‘n werklike verskil te maak om hulle te help om ‘n volhoubare toekoms te skep,” sê hy.