Foto: verskaf
Foto: verskaf
Gerhard Pretorius van TQT bespreek aspekte van volhoubare rooibosproduksie soos grondgesondheid,
korrekte bewerking, onkruid- en pesbeheer, en meganisasie met lede van die Wupperthal Original
Rooibos Co-operative.
beplanning, deurlopende tegniese
ondersteuning aan lede en die beskikbaarheid van die nodige toerusting. Daar sal ook in die komende
jaar ondersoek ingestel word na
verbouiing van ander produkte vir
die kruiemark soos sitroengras
(lemon grass), swartbessies en
moringa om meer boerderyvertakkings te skep wat die boerderyrisiko’s beter kan versprei. Daar is
ook reeds ’n voltydse produksiebestuurder aangestel om te sorg
dat hierdie stelsels geïmplementeer
word. Koördinering is noodsaaklik
Foto: www.the-color-of-tea.com
omdat WORC reeds aan verskeie
groepsertifiseringstelsels deelneem
en nog ander oorweeg. Dit beteken
dat hulle hul rooibos in meer winsgewende markte kan bemark maar
ook dat daar geleenthede is om
boere op te lei in volhoubare praktyke deur middel van die interne
bestuurstelsels wat groepsertifisering vereis.
Daar word ook aandag geskenk aan
die besigheid se finansiële-, administratiewe-, bemarking- en
menslike hulpbronbestuurstelsels
om dit meer vaartbelyn te maak en
die besigheid op ’n gesonde professionele voet te plaas vir die uitdagings en geleenthede van die
toekoms.
WORC is baie trots op sy plek in
Wupperthal en beplan om baie
terug te ploeg in die breë gemeenskap deur byvoorbeeld Fair Trade
premiegelde ook aan te wend as
beurse vir studente en ander projekte in die gebied wat alle inwoners kan bevoordeel.