Agri Kultuur January/ February 2015 | Page 22

Wateronttrekking of om met die metings en opstelling van die moniteringsapparaat te vergelyk. Die wortelomgewing en waterhouvermoë van die grond bepaal die hoeveelheid besproeiing benodig. Die hooffokus is om slegs genoeg te besproei om die effektiewe wortelsone volgens die gekose strategie te bestuur. Dit is egter ook belangrik om die ondergrond te bestuur en so dan en wan (afhangende van grondtipe) die ondergrond met 'n groter besproeiing aan te vul - dit help om 'n buffer in die grond te skep vir ekstreme toestande of as die pomp breek. Ander faktore wat skedulering of strategie kan beïnvloed, is stelselontwerp (topografie, vol- en leeglooptye van die stelsel), waterkwaliteit, waterbron en voeding. Dit is belangrik om volgens die gekose strategie of plan te skeduleer en by die strategie te hou, tensy monitering wys dat daar afgewyk moet word van die plan. Monitering van die grondwater en/ of gewas voltooi die siklus van bestuur. Monitering kan op verskeie Effektiewe wortelsone maniere plaasvind. Die basiese manier is om gereeld deur middel van profielgate en/of grondboor die grondwater visueel en deur middel van voel te monitor. Meer gevorderde metodes maak gebruik van grondwatermetings-toerusting soos byvoorbeeld ten-siometers, neutronwatermeters en kapasitansiemeters. Hierdie metings meet die grondwaterstatus en fokus slegs op die grond. Die gewas self kan ook gemonitor word, met ander woorde hoe ervaar die plant op daardie spesifieke