W
eens die hoë koste
van landbou
masjinerie en die
feit dat baie
landbou masjinerie net vir kort tye
van die jaar gebruik word raak die
gesamentlike aankoop van duur
masjinerie al gewilder in die
landbou. Broers, neefs of buurmanne wat nie individueel genoeg
hektare het om duur masjinerie te
regverdig nie, koop dikwels parsmasjiene, stropers, selfloper spuite,
vragmotors, snoei-masjiene, topmasjiene, stootskrapers of slootgrawers saam om sodoende die
kostes te deel. Dit is ‘n goeie
besigheidsbesluit wat ekonomies
sin maak, maar die praktiese
hantering van die gesamentlike
aankoop proses moet goed
deurdink word en op skrif gestel
word om onenigheid in die
toekoms te voorkom.
Die belangrikste aspekte waaroor
ooreengekom moet word is die
aandeelhouding in die masjien, die
werklike gebruik van die masjien,
operateurs en ander praktiese
oorwegings, onderhoud van die
masjien, vervanging van die masjien
Artikel deur Arnand Stofberg
Boshoff Visser
en die uittrede van ‘n aandeelhouer.
Aandeelhouding in die masjien:
Daar moet ooreengekom word
watter persentasie aandeel elke
aandeelhouer in die masjien wil
hou, en dit hoef nie noodwendig
gelyke aandeelhouding te wees nie.
Werklike gebruik van die
masjien:
Die werklike gebruik van die masjien deur die betrokke aandeelhouers stem selde presies ooreen
met die persentasie aandeelhouding in die masjien, so daar moet
vooraf ooreengekom word teen
watter tarief die masjien gebruik
gaan word en of gebruik volgens
ure, tonne of hektare bereken gaan
word. Die grootste praktiese
probleem is wie mag wanneer die
masjien gebruik, aangesien dit
dikwels by veral parsmasjiene en
stropers gebeur dat meer as een
aandeelhouer gelyktydig die
masjien nodig het. Daar moet dus
vooraf bepaal word hoe sulke
situasies hanteer gaan word.
Operateurs en ander praktiese
oorwegings:
Die aandeelhouers moet vooraf
ooreenkom of een van die aandeelhouers ‘n operateur gaan
verskaf en dan deur die ander
aandeelhouers daarvoor vergoed
gaan word en of elke aandeelhouer
sy eie operateur moet verskaf.
Indien elke aandeelhouer sy eie
operateur verskaf moet daar vooraf
besluit word watter opleiding
operateurs moet kry alvorens hulle
toegelaat sal word om die masjien
te gebruik. By sleepmodel parsmasjiene, snoeimasjiene en topmasjiene moet daar ook vooraf
besluit word of een van die
aandeelhouers ‘n trekker gaan
verskaf teen vergoeding en of elke
aandeelhouer sy eie trekker moet
verskaf. Daar moet ook besin word
waar die masjien gestoor gaan
word vir die tydperk wat die
masjien nie gebruik word nie en of
die aandeelhouer by wie die
masjien gestoor gaan word vir
stoorkoste vergoed gaan word of
nie.
Onderhoud van die masjien:
Daar moet besluit word op watter
basis herstelkoste gedeel gaan
word as iets sou breek, volgens die