Agri Kultuur December / Desember 2015 | Page 52

Artikel deur Arnand Stofberg Boshoff Visser E en van die hoofredes hoekom bates soos eiendom en aandele in trusts gehou word is om die bates uit ‘n individu se boedel te kry en sodoende boedelbelasting te bespaar. Daar is egter sekere aspekte waaraan aandag gegee moet word om te verhoed dat die bates by bereddering van die individu se boedel teruggetel word in sy boedel as geagte bates volgens klousule 3 (3)(d) van die boedelbelasting wet. Die drie belangrikste aspekte waaraan aandag gegee moet word is dat daar notules gehou moet word van trustee vergaderings en besluite, dat daar verkieslik ‘n onafhanklike trustee moet wees en dat daar liefs nie ‘n testamentêre voorbehoud in die trustakte moet wees nie. Notules van vergaderings Indien daar nie behoorlike notules gehou word van trustee vergaderings nie kan daar redeneer word dat die trustbates deur die oprigter of skenker hanteer is asof dit steeds sy eie was, met ander woorde die trustees is nie geraadpleeg as daar besluite geneem word nie. Dit is dus belangrik dat alle besluite rakende wesenlike transaksies wat die trust aangaan, beleggings wat die trust maak, lenings wat die trust aangaan en uitkerings aan begunstigdes deur trustee vergaderings goedgekeur word en dat notules van die vergaderings deur al die trustees onderteken word. Onafhanklike trustee Hoewel dit nie deur die wet vereis word nie, is dit raadsaam dat minstens een van die trustees onafhanklik moet wees, met ander woorde ‘n trustee wat nie ook ‘n begunstigde of naby familie van ‘n begunstigde is nie. Indien die onafhanklike trustee ‘n professionele persoon soos ‘n prokureur, ouditeur of finansiële beplanner is word die voordeel van kundigheid en ervaring in die bestuur van trusts ook gekry. ‘n Verdere opsie is om van ‘n handelsbank, versekerings- maatskappy, ouditeursfirma of regsfirma se trustdienste maatskappy gebruik te maak. Saam met die voordeel van kundigheid en ervaring in die bestuur van trusts soos bo genoem is daar die verdere voordeel van kontinuïteit, as die verteenwoordiger van die trustdienste maatskappy sou sterf, aftree of verhuis word hy deur ‘n ander verteenwoordiger vervang. Trustdienste maatskappye het gewoonlik ook professionele versekering sou daar regsgedinge teen die trustees ingestel word. Testamentêre voorbehoud in trustaktes Baie trustaktes bevat ‘n klousule waarin die oprigter van die trust of een van die trustees volgens hulle testament of gedurende hulle leeftyd kan bepaal hoe die trust-