Agri Kultuur December / Desember 2015 | Page 21

besondere droë seisoen was met feitlik geen gras groei nie. Die verwagting is dat met die regte veldbestuur dit binne die volgende jaar of twee tot byna normaal behoort terug te keer. Met die goeie opvolgreënval wat oor die afgelope groeiseisoen voorgekom het, is die talle grassaailing duidelik sigbaar. Dit is veral rooigras (Themeda triandra) saailinge wat voorkom en is verantwoordelik vir die verbetering in veldtoestand. Wat handtoediening met Molopo aan betref het mnr Leon van Vuuren van Shumbas Valley tussen Parys en Fochville in die distrik Potchefstroom, na sewe maande van toediening reeds ‘n aansienlike toename in die gras komponent waargeneem. Hy kon net 600 stuks wild op die plaas aanhou en het dit tot 1 200 op dieselfde plaas verhoog nadat slangbos oor die afgelope 4 jaar met beide hand- en lugtoediening beheer is. André de Beer het op die plaas Modderdam in die Vredefort-distrik ook hand toediening gedoen en na slegs vier jaar reeds 85% gras bygekry. Kostegewys was dit die moeite werd want die weidingkapasiteit het aansienlik verhoog en kan tussen 60 en 70 meer beeste op die plaas aanhou. Llewellyn Angus van die plaas Wispering Willows in die Arlington distrik, raak net so opgewonde oor die fenomenale gras ontploffing nadat digte stande slangbos uitgeroei is. Vo lgens hom werk die vloeibare Molopo met handbespuiting en korrels met die hand toegedien ewe goed. Die vloeibare formulasie was wel vinniger toegedien met arbeidsbesparing. ‘n Opvolgaksie die daarop volgende jaar kan volgens hom nie oorbeklemtoon word nie. Soms word sekere slangbosse oorgeslaan met toediening en moet gevolglik nie kans kry om weer oor te neem nie. Hy het ook sukses behaal met vliegtuigbespuiting en trekkerspuite waar digte stande voorgekom het. Vanuit hierdie studies het dit duidelik navore gekom dat hoe langer gewag word om die slangbosse te beheer, hoe groter die skade op die graskomponent en hoe langer neem dit vir weiveld herstel. Indien die bosse toegelaat word om te groot te word (uitgroei) verdring dit alle grasse rondom die bos en indien dan eers verwyder word, hetsy met watter beheer maatreël, laat dit ‘n geweldige groot kaal oppervlakte agter. Hierdie kaal oppervlakte sal eers na ‘n aantal jare weer met gras bedek wees. Die kaal oppervlaktes gaan ook gepaard met gronderosie wat die produksie potensiaal van die veld verder verlaag. Die sukses van hierdie veldherstel proses is die toepassing van ‘n goeie veldbestuurstelsel na die slangbosbeheer, wat lang rusperiodes insluit om die grassaalinge voldoende kans te gee vir vestiging, asook om die groeikrag van die volwasse grasse te laat herwin. Samevatting Talle ander suksesverhale bestaan ook waar die weidingkapasiteit van ‘n plaas aansienlik verhoog is na die bekamping van slangbos. Dit is geld goed spandeer wanneer die wins in weidingkapasiteit van die veld teen die koste van slangbos bestryding opgeweeg word. Verdwaalde slangbosplante wat weer groei moet gemonitor word en met handtoediening bestry word. Dit wil dus voorkom asof hierdie ‘n probleem is wat gekom het om te bly in sekere weivelddele van ons land en daarom is opvolgaksies die wagwoord om enigsins langtermyn sukses te behaal. Gids tot volhoubare produksie van weiding Die gewilde weidingboek saamgestel deur professor Hennie Snyman (Departement Vee-, Wild- en Weidingkunde, Universiteit van die Vrystaat) is pas herdruk. Beskikbaar by: [email protected] Tel 021 4064962 R400 plus posgeld Kan ook direk elektronies bestel word deur te gaan na: www.landbou.com Gaan heel na “winkel”, en kies dan “weidingboek.” Die boek kan dan met ‘n Kredietkaart bestel word. ‘n Moet vir elke vee- en wildboer!