Agri Kultuur December 2013 | Page 19

PLAAGDODERS

gevrek het as gevolg van die onver-antwoordelike gebruik van daardie middels.

Daar is verskeie kernaspekte wat

die onderbou van verantwoordelike

plaagdodergebruik behels. ’n Ver-trekpunt is dat die boer te alle tye slegs produkte wat wettig gere-gistreer is, moet aankoop en ge-bruik. Middels wat deur die Registrateur van Wet 36 van 1947 geregistreer is, gaan deur ’n stewige

proses van evaluering om te ver-seker dat die middels doeltreffend werk en met normale aanwending nie ’n wesenlike gevaar inhou nie. Boere behoort hul landboumiddels en veemiddels van erkende han-delaars en verspreiders aan te koop.

Sulke verspreiders het ten minste

opleiding ondergaan in die verant-woordelike gebruik van sulke

middels. Die dieregesondheidskant se handelaars en tegnici ondergaan hul opleiding onder die toesig van die Suid-Afrikaanse Dieregesond-heidsvereniging (SADGV) en is dus kundig op die gebied van veemid-dels.

Die daaropvolgende grondbeginsel van verantwoordelike gebruik is die veilige opberging van plaagdoders

Daar is doodeenvoudig net een veilige manier om landboumiddels en veemid-dels op te berg en dis agter slot en grendel waar geen ongemagtigde of onkundige mense toegang tot die middels kan verkry nie. ’n Ordentlike pakkamer moet ventilasie, beligting en noodtoe-rusting asook ’n rekordboek hê

waarin die eienaar rekord kan hou

van die produkte wat aangekoop word en gebruik word. Werkers wat met die plaagdoders werk, behoort goed opgelei en van persoonlike beskermingstoerusting voorsien te word sodat velkontaminasie en die inaseming van plaagdoders vermy kan word. Werkers moet ook nadat

hulle die dagtaak met plaagdoders

voltooi het, hulself deeglik was en die veiligheidstoerusting ordentlik reinig.

In die landbouchemiese sektor is daar ernstige kommer oor die feit dat mense nie etikette lees en die aanwysings streng navolg nie. As iets nie op die etiket aangedui word nie, mag dit bloot nie gedoen word nie omdat sulke gebruike nie ge-toets is nie en sonder uitsondering tot die een of ander skade sal lei.

Dosering is ook deel van daardie beginsel. As die etiket ’n bepaalde verdunning aanbeveel, moet