Agri Kultuur December 2013 | Page 18

Gesonde wins en

veilige voedsel met

'n Landery met gesonde gewasse wat groen en geil staan, is seker een van die mooiste dinge wat die mens kan skep. Dis net so mooi soos ’n trop skape of beeste wat in die veld wei en blinkvet hulle eienaar se finansiële toekoms verseker. Dis algemeen bekend dat so ’n landery en veetrop ’n enorme inset van die boer vereis. Dit gaan gepaard met skrikwek-kende koste wat die wins-marge ’n redelike knou kan gee as alles nie vlot verloop nie. Uiteindelik wil die boer ’n goeie opbrengs van smaaklike en veilige

voedsel produseer wat vir hom ’n gesonde wins kan voorsien sodat hy die volgende seisoen se aanplanting of dektyd nie op sy knieë by die bankbestuurder hoef te begin nie.

Een van die grootste bedreigings wat die boer in die gesig staar, is plae, siektes en onkruide wat ’n goeie oes of diereproduksie oornag in ’n fiasko kan omskep. Moderne plantkultivars en diererasse is ontwikkel om maksimum-opbrengste te lewer, maar die keersy

van die munt is dat die veredeling van plante en diere tot die inboet van weerstand teen bepaalde plae en siektes kan lei.

Desnoods moet die landbouer hom verlaat op moderne bestuursteg-nologieë om aanvalle van plae, onkruide en siektes die hoof te bied. Landboumiddels en veemiddels, of plaagdoders is juis oor die laaste halfeeu ontwikkel om die onge-wenste ongewerweldes, gewerwel-des, plante, swamme, bakterieë en virusse te beveg sodat oeste en diereprodukte winsgewend gepro-duseer kan word. Dis ’n baie ern-stige vraag of die wêreld se bevol-king gevoed sou kon word as dit nie vir die beskerming met plaagdoders was nie.

Die blote woord plaagdoder, of gif

soos sommige mense steeds na hierdie produkte verwys, laat baie mense se hare rys. Miskien is dit geregverdig as die geskiedenis van plaagdodergebruik in ag geneem en besef word dat letterlik miljoene onskuldige diere en voëls

Plaagdoders kan die winsgewendheid van ’n boerdery ’n groot hupstoot gee, maar as gifstowwe verkeerd gebruik word, kan dit ernstige besoedeling van die omgewing veroorsaak.