Agri Kultuur December 2013 | Page 17

fiseerde mielies met inheemse plante

kan verbaster? Is die beskerming van

die plant met ‘n bt-geen teen insekte

soos stronkboorder dan slegter as om

die insekte almal met redelike toksiese

plaagdoders dood te spuit? Waar is die

kliniese gevalle van mense wat siektes

opgedoen het as gevolg van die inname

van geneties-gemodifiseerde organismes

soos mielies en soja?

maak. Suid-Afrika se water is ernstig

onder verdenking en as mens elke

dag kos inneem wat besoedel is met

wateroorgedraagde E. coli dan wonder

’n mens hoekom niemand iets daaroor

kwyt raak nie. As ’n mens kyk na al

die vreemde stowwe wat in kos ingewerk

word om die geur en smaak te verbeter

dan wonder ‘n mens hoekom niemand

daaroor lawaai maak nie. Daar

Dit is so asof iemand na ‘n slaansak soek en genadiglik

die geneties gemodifiseerde gewasse ontdek het...

Daar is bepaalde voordele vir die omge-wing as geneties-gemodifiseerde gewasse aangeplant word om voedsel en vesel te produseer. Minder insekdoders word toegedien wat dus die moontlike skade aan die insekbevolking verminder. Dis net die insekte wat die plant vreet wat benadeel word terwyl ander skotvry daarvan afkom en nie in ‘n plaagdoder-rnewel omkom nie.

Grondbewerking word ook minder omdat

daar met bepaalde onkruiddoders op die

ongewenste plante toegeslaan word.

Dit beteken noodwendig dat erosie ver-minder word. Maar die grootste voordeel lê waarskynlik daarin dat minder nuwe grond gebreek moet word om groter hoeveelhede voedsel vir ‘n steeds groeiende wêreld-bevolking te produseer.

Die aantygings oor siektes wat mense

mag opdoen is seker die mees aanvegbare

omdat daar so baie ander dinge is wat mense aantas en siek

is haas geen pakkie skyfies wat MSG vry

is nie en boonop is tartrasien ook baie

gewild. Die mens misbruik alkohol en

tabak, beoefen onveilige omgang en

eksperimenteer met narkotiese middels,

maar dit is “sosiale probleme”.

Dit is so asof iemand na ‘n slaansak

soek en genadiglik die geneties

gemodifiseerde gewasse ontdek het.

Een baie prominente Suid-Afrikaanse

persoon gaan gal af by elke geleentheid

oor die nuwe gewasse maar sit self op die troon van ‘n mynkoninkryk waarvan die voetspoor oor etlike honderde duisende hektaar strek. Nou vra ‘n dom mens soos ek myself: nou hoe nou? Iewers word daar ‘n vuil vadoek oor die oë van die publiek

getrek en diesulkes het self geraamtes

in hul eie kaste.

Lekker eet aan daardie pap!

Voorheen gepubliseer in die Agri tydskrif, met die toestemming van Agri SA: