Agri Kultuur December 2013 | Page 16

Gevaarlike

GOGGAS?

– sê wie

Mense wat mielies, mieliepap, mieliebrood, stampmielies en ander mieliegeregte eet, weet seker nie eers dat daardie mielies proteïene bevat wat die plante help om insekpeste te beveg nie. Hulle weet seker ook nie dat sommige van die kultivars weerstandig teen bepaalde onkruiddoders is nie. Maar as iemand belangrik iets oor geneties gemodifiseerde organismes in die media kwyt raak, dan snak almal na hulle asems oor die verskriklike goed wat met hulle kan gebeur as hulle sulke voedselsoorte inneem.

Suid Afrika se graanprodusente plant reeds op meer as 70% van die mieliegronde kultivars wat genetiesgemodifiseer is om met behulp van bepaalde gene peste en

plae te beveg. Dit lewer beter opbrengste, verlaag die behoefte na insekdoders en gee beter winsmarges vir die boere. So, terwyl mens in die agterkop ‘n vae onrus oor hierdie baanbrekertegnologie het, is daar

stellings wat sommige mense maak ten

einde die geneties-gemodifiseerde

gewasse as duiwelsdinge af te maak.

Daar word, onder andere, beweer dat

die stuifmeel van sulke gewasse ons

inheemse plante kan besoedel en met

kruisbestuiwing die plantspesies se

egtheid aantas. Verder word beweer

dat hierdie nuwe kultivars die insek-

bevolking sodanig manipuleer dat daar

nie meer kos vir insekvretende voëls is

nie. Die stelling word ook gemaak dat

die kos wat van sulke gewasse geproduseer

word die mens se gesondheid kan

benadeel en selfs gevreesde siektes

kan veroorsaak.

As ek my kwasi-wetenskaplike hoedjie

opsit, dan kom daar kwelvrae by my

op. As die mielie kon kruisteel met

van ons inheemse plante soos grasse

(mielies is maar net groot grasse) waar

is die afgelope 300 jaar se basterplante

dan? Of lees mens dan die ding ver-

keerd in die sin dat genetiesgemodi-