Agri Kultuur December 2013 | Page 15

Velkanker is die tipe kanker wat di e mees t e i n Suid-Afrika voorkom met sowat 20 000 gevalle wat jaarliks aangemeld word en sowat 700 sterftes wat daarop volg.

Baie mense dink hulle wil nie sonroom aansmeer nie, want dan gaan hulle nie mooi bruin brand nie.

Volgens Kansa sal sowat 20

minute in die son met 'n SPF 15 jou 'n ligtebruin kleur gee oor 'n tydperk van 'n maand. Boonop beteken dit dat jy jou daaglikse kwota Vitamien D ook inkry.

Hier volg 'n paar nuttige wenke:

Onthou om sonroom aan te sit nadat jy geswem het. Hoewel talle produkte verseker dat dit in water steeds aanbly, is dit wys om eerder weer aan te

smeer.

'n Mens kry deesdae "wetwipes" wat jy kan gebruik om die son-room aan te wend. Dit werk veral lekker met babas en kleiner kinders. Jy kan die hele lyf in 'n japtrap smeer.

Puisies kan donkerder word van die son en dit is daarom wys om dit eerder nie aan die son bloot te

stel nie aangesien dit dan soms ook merke laat.

Twee rate vir kreef-lywe as

die son se strale dit behoorlik

bygekom het:

Koue Bulgaarse joghurt kan aangewend word om die ergste seer te verminder.Wend dit mil- delik aan

en spoel dit na 5 minute weer af.

Dra 'n hoed want 'n seer kopvel is minder lekker. Wanneer jou kopvel egter wel die son se strale

moes trotseer, kan jy gerus jou hare afspoel met 'n koppie groentee nadat dit gewas is. Dit verlig die

seer en maak boonop die hare mooi blink.