Agri-Expo Livestock
’ n wêreldklasvertoonvenster vir die veebedryf
Isabeau Botha
‘ n
Wêreldklastentoonstelling van die Suid-Afrikaanse veebedryf en sy waardekettings wag op besoekers aan die vyfde Agri-Expo Livestock , wat vanjaar van Donderdag 11 tot Saterdag 13 Oktober 2018 op Sandringham buite Stellenbosch plaasvind .
‘ n Eerste by vanjaar se Livestock is die SA Holstein Nasionale Kampioenskappe waartydens besoekers diere van hoogstaande kwaliteit van regoor Suid-Afrika in die ring te sien sal kry .
Grootste van sy soort Livestock is oor die afgelope vier jaar gevestig as die mees toonaangewende vee-tentoonstelling in die land . Die skou speel gasheer vir die grootste suiwelskou in Suid-Afrika én die grootste vleisbeesinterraskampioenskap van sy soort , met die kroning van die FNB-Suiwelkoningin en die BKB-Rooivleiskoning / in op Saterdag 13 Oktober as die hoogtepunt .
Andrew Masterson van die Oos-Kaap het verlede jaar geskiedenis gemaak deur beide kampioenskappe te wen . Masterson beskryf dit as ‘ n groot eer , eerstens omdat die gehalte by Livestock baie hoog is , en tweedens weens die blootstelling aan die meeste besoekers nóg wat hy al by ‘ n beesskou ervaar het .
Fokus op opvoeding Livestock se gewilde gratis melkbok- en vleisbeesinligtingsdae , ondersteun deur die Wes-Kaapse Departement van Landbou en Standard Bank , sluit vanjaar interessante sprekers soos Llewellyn Angus en dr Faffa Malan in .
Sowat 2 500 laer- en hoërskoolleerders , van skole sover as Kleinmond , besoek jaarliks die ekspo vir ‘ n gratis skoleprogram , ondersteun deur die Wes-Kaapse Departement van Landbou . Die program sluit elf interaktiewe stasies in waar leerders onder andere kan sien hoe koeie gemelk word ; diere kan aanraak ; en meer leer oor landbouberoepsgeleenthede .
Die program sluit ook die Old Mutual Insure Streekjeugskou , die Landbouweekbladuitdaging vir versorgers en hanteerders , die Wes-Kaapse Boerboelskou , die Cape Rabbit Club se Lenteskou , skaaphondveilings en ‘ n verskeidenheid ander aktiwiteite in . As deel van die Groot Plaasproe sal verskeie stalletjies plaaskos , wyn en boetiekbier verkoop . Die Broers en ander gewilde kunstenaars tree op Saterdag 13 Oktober op . Livestock vind daagliks van 08:00 tot 18:00 plaas . Besoek www . livestock . org . za vir die volledige program . Kaartjies is by Computicket en by die hek beskikbaar . Vir meer inligting , kontak Agri- Expo by 021 975 4440 of admin @ agriexpo . co . za .
AgriKultuur | AgriCulture
32