Agri Kultuur August / Agustus 2016 | Page 72

V iking Bemarking is ‘n landbouchemiese verspreidingsmaatskappy, gebaseer in Kaapstad, wat produsente in die Noord-, Oos-, Suid-, Wes-Kaap en Namibië bedien. Die maatskappy se missie is om die risiko van die produsent saam met hom te help bestuur. Daar is vele risiko’s vir produsente en Viking se doelwit is om te help om hulle gemoedsrus te gee deur die voorsiening van net die beste wetenskaplike en tegniese advies en oplossings. Viking se besigheid in die verskillende areas word gedoen deur agente wie verantwoordelik is vir die oordra van die tegniese advies en die lewering van die beste oesbeskermingsmiddels. Daarom is dit van uiterste belang dat die agente die beste moontlike opleiding ontvang om toegerus te wees vir hierdie belangrike taak. Die tegniese advies en risikobestuur word aangevul deur die lewering van oesbeskermingsmiddels wat afkomstig is van groot multinasionale maatskappye en ook plaas-like verskaffers van generiese produkte. Die risiko van die produsent word eerste gestel en daarom gebruik Viking net die heel beste produkte waarvan die kwaliteit bekend is. Viking se besigheid word gedoen op ‘n basis van goeie verhoudings. Besigheid met ‘n produsent of ‘n verskaffer is slegs moontlik as daar ‘n goeie besigheidsverhouding bestaan. Die doelwitte van Viking, die produsent en die verskaffer moet ook altyd in lyn met mekaar wees. Daar word by Viking gefokus op die bemarking van strategieë en nie indiwiduele produkte nie. Dit is ‘n prioriteit om te fokus op die toepassing van net die beste landboukundige praktyke. Dit word moontlik gemaak deur die formulering van die beste strategie vir elke siekte of plaag. Viking is tegnies uitstekend toegerus om die omgewingsimpak van die landbouchemiese produkte tot ‘n minimum te beperk. Daar is ‘n verantwoordelikheid om te kyk na die natuur en omgewing. Viking se kliënte is gesofistikeerde besigheidsmense wat presies weet wat hulle wil hê en dit bly vir Viking ‘n groot eer en uitdaging om betrokke te wees by die volhoubare voortbestaan van hierdie voedselmandjie van Suid-Afrika.