Agri Kultuur August / Agustus 2016 | Page 45

beskerming. Die risiko van verhoogde siektedruk kan deur die gebruik van weerstasies en siektevoorspellingprogramme en met ‘n meer aggressiewe spuitprogram verlaag word. Die risiko van droogtes kan nie werklik bestuur word nie, behalwe om meer droogtebestande gewasse te verbou. die gevaar van produkpryse wat daal weens ‘n ooraanbod in die mark of goedkoop invoere van die produk. Dit kan bestuur word deur van leweringskontrakte met vaste pryse gebruik te maak, produkte terug te hou in tye van ooraanbod indien moontlik en te diversifiseer tussen verskillende produkte. Prakties kan die gevaar van eise teen die produsent verlaag word deur brandpaaie en brandbestrydingstoerusting in plek te hê, aan ‘n brandbeskermingingsvereniging te behoort, damveiligheidsertifikate te bekom en te sorg dat daar voldoende beheer is wanneer vee openbare paaie oorsteek. Finansiële Risiko: Dit bestaan uit wisselkoers risiko (die risiko dat die rand versterk en uitvoerprodukte se inkomste verlaag) en uit rentekoers risiko (die risiko dat rentekoerse styg en produsente met ‘n hoë skuldlas se finansieringskoste toeneem). Dit kan verskans word deur wisselkoerse en rentekoerse vas te maak maar dit word teen ‘n prys gedoen. Die ander groot finansiële risiko is Risiko van aanspreeklikheid: Dit is die risiko dat veldbrande wat op ‘n produsent se grond ontstaan, damme van ‘n produsent wat breek, of diere van ‘n produsent wat oor openbare paaie loop skade aan ander persone se eiendom aanrig waarvoor die produsent aanspreeklik gehou kan word. Dit kan bestuur word deur voldoende versekering vir aanspreeklikheid uit te neem, wat relatief goedkoop is. Deur die invloed van bostaande risiko’s – en enige ander risiko wat op sy betrokke boerdery ‘n impak mag hê - op sy onderneming deeglik te deurdink en sinvol aan te spreek kan die produsent die voortbestaan van sy onderneming verseker en saans rustig slaap in die wete dat hy voorbereid is as die ergste dalk sou gebeur. Arnand Stofberg – B Agric Admin (US); B Compt (UNISA) Direkteur: Boshoff Visser Worcester (Edms) Bpk; Boshoff Visser Groep (Edms) Bpk Tel: 02334 22374 Epos: [email protected] Bostaande is slegs ter inligting en is geensins advies nie. Boshoff Visser raai alle lesers aan om met 'n kundige finansiële adviseur in verbinding te tree voordat enige besluite geneem word Foto: Willem Steenkamp