Arnand Stofberg
Boshoff Visser
Foto: Chris Kriel
D
ie bestuur van risiko is
een van die belangrikste
sakebeginsels in enige
onderneming en veral in
die landbou kan gebrekkige risiko
bestuur tot ‘n onderneming se
ondergang lei. Dit is wel waar dat
groter risiko gepaardgaan met
groter potensiële opbrengs op
belegging, maar die risiko moet
steeds bestuur word om die nadelige uitwerking van onverwagse
gebeure tot die minimum te beperk. Die hoofgroepe van risiko in
die landbou wat bestuur moet
word is die risiko verbonde aan
bates, die risiko verbonde aan
oeste, finansiële risiko, en die risiko
van aanspreeklikheid.
Risiko verbonde aan bates:
Dit bestaan uit die risiko van brand
of diefstal by geboue, die inhoud
van geboue, voertuie en implemente en word hoofsaaklik deur
versekering aangespreek.
Die belangrikste is om seker te
maak dat die bates teen realistiese
vervangingswaardes verseker is. Indien bates onderverseker is sal die
produsent self ‘n groot deel van die
koste van vervanging moet dra en
indien die bates oorverseker is
betaal die produsent onnodig te
hoë premies aangesien die versekeringsmaatskappy net die vervangingswaarde van die bate sal uitbetaal en nie die versekerde bedrag
nie.
Dit is ook belangrik om te let op die
fynskrif van die versekeringskontrak
aangesien daar soms baie vereistes
is waaraan die produsent moet
voldoen ten einde ‘n geldige eis te
hê. In die geval van diefstal waar
voertuie nie snags in ‘n toegesluite
gebou gestoor was nie, of waar
daar nie diefwering of ‘n alarm
geїnstalleer was by ‘n gebou waarvan die inhoud gesteel is nie, of by
brandskade waar elektriese bedrading nie gereeld inspekteer is nie,
kan die versekeraar byvoorbeeld
weier om die eis te betaal.
Risiko verbonde aan oeste:
Dit is die risiko dat hael, wind of
reën oeste beskadig, dat ongewenste weersomstandighede tot
verhoogde siektedruk lei of dat
droogtes kan voorkom. Oesversekering kan uitgeneem word
om die skade wat hael, wind of
reën aan oeste aanrig te dek. Haelnette en windlanings kan ook die
risiko van hael en windskade
beperk, maar haelnette is baie duur
en windlanings bied net beperkte