Agri Kultuur August / Agustus 2016 | Page 30

Dr Johann Strauss Navorsing en Tegnologiese Onwikkelingsdienste, Departement van Landbou Wes-Kaap D ie nuus oor die afgelope jaar was vol oor die wyd -verspreide droogte wat geheers het en die impak daarvan op die mielie en koring produksie in Suid-Afrika. Huidiglik is die Wes-Kaap die koringmandjie van Suid-Afrika. Koring word in twee hoofstreke verbou, naamlik die Swartland en die Suid-Kaap. Albei dié streke het inherente risiko’s verbonde aan produksie. Beide streke word as ‘n Mediterreense klimaat geklassifiseer, met ander woorde, koel vogtige winters en warm droë somers. Dit is egter nie so eenvoudig nie. Die Swartland ontvang 80% van sy totale reënval in die maande van April tot September. In die Suid-Kaap neem die winter reënval van wes na oos af, Caledon ontvang 75% van sy reënval in die winter, terwyl Mosselbaai so min as 50% ontvang. Hierdie verspreiding in die Suid-Kaap maak dit moontlik om lusern as weiding op plase te gebruik wat help om die risiko te versprei, as gevolg van die somer reën komponent, terwyl die Swartland se somer seisoen so droog is dat daar slegs winterweidings verbou kan word. Wanneer daar dan ‘n erge droë jaar soos 2015 verby kom, is die impak groot op koring produksie. Die meeste produsente het baie minder as 50% van hulle langtermyn gemiddelde reënval ontvang. Op Langgewens, die Navorsingsplaas van die WesKaapse Departement van Landbou, is ‘n totaal van 170mm van April tot September aangeteken in 2015, dus 210mm minder as die langtermyn gemiddeld vir dieselfde tydperk. Produsente nader aan Eendekuil en in die meer sanderige dele aan die weste van die streek, het so min as 120mm ontvang en in sommige gevalle selfs minder as dit. Hierdie min reën veroorsaak dat die ondergrond nie genoeg benat word nie en dan is dit baie moeilik om koring te produseer, want die wortels kan nie gaan soek vir vog nie. Dit was egter verblydend om te hoor dat selfs met die min vog, produsente geslaag het om oeste af te haal. Al was dit in die meeste gevalle tot 50% van ‘n normale opbrengs, was dit nie ‘n totale mislukking soos dit in 2003 was nie. Die oorskakeling van die ou konvensionele verbouingsmetodes na meer bewaringspraktyke het ’n groot bydrae gemaak. Die feit dat daar nie meer geploeg word op grootskaal nie, wisselbou toegepas word en daar gepoog word om oesreste te behou, het bygedra to die grond se vermoë om die min vog wat ontvang is, langer te rek. So was dit moontlik om ‘n 2.1 ton/ha koringoes af te haal op Langgewens ten spyte van die 170mm reën, waarvan die grootste deel in Junie en Julie geval het. Die vraag is nou watter impak verlede jaar se seisoen op die huidige een kan hê. Laat ons dit verduidelik deur na Langgewens te verwys. Die 2016 seisoen het afgeskop met