Agri Kultuur August 2014 | Page 79

DAGBOEK INSKRYWINGS DEURBRAAK VIR LANDBOU-EKSPO’S Agri-Expo, bekroonde organiseerder van verskeie landbouaanbiedings en CADEK Media, met die landswye Agriworks Ekspo’s in sy kamp, het ʼn samewerkingsooreenkoms gesluit waar twee van hul geleenthede gesamentlik aangebied word en so ʼn deurbraak vir landboutentoonstellings bewerkstellig. Die ooreenkoms behels dat CADEK Media se Stellenbosch Agriworks Ekspo en Agri-Expo se Kaapse Suiwel Ervaring vanjaar van 6-8 November 2014 sy-aan-sy op Sandringham buite Stellenbosch sal plaasvind. “Die tyd het aangebreek vir rolspelers in landbou om nie net te praat nie, maar om te wys dat daar samewerking kan plaasvind,” meen Johan Ehlers, Hoof Uitvoerende Beampte van Agri-Expo. “Deur hierdie twee prominente geleenthede saam aan te bied, skep dit ʼn waardevolle en uitgebreide netwerkgeleentheid vir produsente en uitstallers en verleen dit ʼn nuwe dinamika aan landbou-ekspo’s in SuidAfrika.” “Boere word genoodsaak om te diversifiseer en suiwelprodusente sal beslis baat by dit wat op die Agriworks Ekspo-program is,” meen Ehlers. Die Kaapse Suiwel Ervaring vier die totale waardeketting van suiwel in ʼn provinsie wat voorloop in terme van melkproduksie. Agriworks Ekspo bring op sy beurt weer die nuutste boerderytegnologie en -implemente na die boer en sluit vanjaar ook ʼn sterk teenwoordigheid van wynbou-, tuinbou- en landskapuitstallers in. Die Agriworks Ekspo, wat tot dusver in Stellenbosch aangebied is, vier vanjaar sy 5de verjaarsdag. “Die skuif na Sandringham sal produsente van Durbanville, Malmesbury, Paarl en so ver as Worcester en Robertson binne gemaklike bereik plaas van hul gunsteling landbouskou,” verduidelik Chris de Klerk, eienaar van CADEK Media en die Agriworks Landbou Ekspo. “Die twee geleenthede komplimenteer mekaar en die gesamentlike aanbieding op een terrein behoort as ʼn deurbraak vir landboutentoonstellings beskou te word.” Vir meer inligting, kontak Mariana Rabie (Agri-Expo) by [email protected] of 021 975 4440 of Chris de Klerk (CADEK Media) by ch [email protected] of 021 854 4700. Agri-Expo Livestock 2014 Ons wil u graag bekendstel aan die Agri-Expo Livestock 2014, wat vir die eerste keer hierdie jaar op Sandringham, Stellenbosch aangebied word. Hierdie is ‘n unieke geleentheid wat groot waarde toevoeg vir alle rolspelers, van produsent tot verbruiker. Die mediaveldtog skop binnekort af, maar intussen vra ons graag u gunstige oorweging vir die plasing van die onderstaande kalender inskrywing in u publikasie. Ons vertrou dat u lesers hierdie geleentheid baie interessant sal vind. Kalender Inskrywing Geleentheid: Agri-Expo Livestock 2014 Plek: Sandringham, Stellenbosch Datum: 6-8 November 2014 Navrae: Media: Porchia Adams, [email protected], 021- 9754440 Uitstallers: Lara Manig, [email protected], 021-9754440 2014 WORKSHOP DATES 23 August 20 September 18 October 15 November 6 December Visit our website for detailed information: http://www.myaquaponics.co.za/w orkshops/