PUZZLE time
C,
Boere Se Trotse Geskiedenis
Ware feite interessanter as die wolhaarstories.
Vlermuise in die Tweede Wêreldoorlog.
Die Amerikaanse weermag het vlermuise in die Tweede Wêreldoorlog
as "agente" in 'n uiters geheime projek probeer gebruik. Hulle het die
diere probeer leer om brandbomme in Japanse geboue te laat val. In
een van die toetse het van die bomdraers ontsnap en is een van die
Amerikaanse barakke en 'n generaal se motor aan die brand gesteek.
Nodeloos om te sê: Die projek is geskrap.
Dié ware staaltjie is een van talle ongelooflikhede oor die vlermuis,
die aarde se naasgrootste soogdier-groep.
'n Horde onwaarhede word oor dié interessante spesies verkondig en
die ware interessante feite is selde bekend aan die gewone man.
Een van die algemeenste mites, dat vlermuise in mense se hare
verstrengel raak, is danksy die diere se uiters doeltreffende navigasievermoë met die hulp van 'n "radarstelsel" feitlik onmoontlik, sê dr.
Nico Avenant van die Nasionale Museum in Bloemfontein, een van die
streekverteenwoordigers van die nuutgestigte Nasionale Vlermuisbewaringsorganisasie.
TEXT,
TEXT,
Ware feite:
In die Amerikaanse Burgeroorlog is salpeter, 'n bestanddeel van
buskruit, in 'n grot naby San Antonio uit vlermuisguano onttrek. Dit
was dieselfde grot waarin die mislukte Tweede Wêreldoorlog-projek
vir die opleiding van vlermuis-bomdraers uitgevoer is.
Danksy eggo-lokalisering kan die insekvretende vlermuis in
stikdonkerte rondbeweeg, sy prooi ontdek, volg en vang. Klik-klanke
word deur die larinks voortgebring. Die weerkaatsings word deur die
groot uitwendige oorskulpe opgevang en na die binne-oor gelei. Die
hele proses vandat die klank geuiter is totdat die brein die boodskap
verwerk het, neem minder as 'n honderdste van 'n sekonde. So
doeltreffend is dié radarstelsel dat dit selfs voorwerpe so fyn soos 'n
mens se haar kan waarneem. 'n Vlermuis kan ook geblinddoek tussen
die waaierblaaie van 'n gewone huiswaaier deur beweeg as dit op
maksimum spoed gestel is. Dit is die einste radarstelsel wat die mens
later nageboots het.
Wêreldoorlog - herinneringe spook nog.
Die “bomskok” is steeds so erg dat hy soms wens hy is liefs geskiet.
Oom Eric Human, een van die min oorlewendes van die Tweede
Wêreldoorlog se slag van El Alamein.
“Die bomskok is baie erg. Ek skrik nou nog as dit donderweer of ’n
motor se uitlaatpyp knal naby my.”
Oom Eric het “blanks”, maar daar is ook verskeie herinneringe uit die
Tweede Wêreldoorlog wat by hom bly spook – van sy beste vriend wat
langs hom doodgeskiet is tot die hartverskeurende verdriet van Britse
soldate nadat hul hondjie deur ’n vegvliegtuig doodgeskiet is.
“’n Messerschmitt 110 (vegvliegtuig) het laag oor een van die Britse
kampe in die woestyn gevlieg en die Britte se hondjie doodgeskiet.
Hulle was gebroke. Ek het nog nie weer soldate só sien huil nie.”
Hy onthou hoe hy teruggestuur is Suid-Afrika toe nadat hy homself
geskiet het omdat die “bomskok” te erg was.
“Hulle het my teruggepos Suid-Afrika toe, maar ek het Kaïro toe
gevlug en ’n ruk lank daar geskuil.” Hy sê baie soldate het hulself in
hul bene geskiet sodat hulle nie aan gevegte hoef deel te neem nie.
“Dis bomskok. Ek is in die destydse Oranje-hospitaal behandel.
“Dit is iets allerverskrikliks.”
Hy sê hy kan glad nie praat oor sy makkers wat gesterf het in die
oorlog nie. “Ek word letterlik lam in my arms en my maag voel hol. Jy
tel soggens die soldate en groet hulle, want vanaand is julle
waarskynlik minder.”
Daar was ligte oomblikke ook.
“Ek het eenkeer in die woestyn gehurk om broek los te maak. Toe ek
klaar is, is daar niks en sien ek hoe die miskruiers hard werk,” lag oom
Eric. Hy het baie respek vir die Duitsers gehad en sy bynaam was
Adolf.
“Ons het baie Duitse soldate gevang. As jy hulle vra waarom hulle vir
Hitler veg, het hulle gesê hulle weet self nie, Hitler is mal.”
Oom Eric hou nie van die onthou nie.
“Vanaand gaan ek wakker lê en weer aan al die verskriklikhede dink...”