Agri Kultuur August 2014 | Page 54

Kobus Lourens BOSHOFF VISSER D ie gesegde “dit is ‘n man se wêreld” is vinnig besig om te verander na “die wêreld van die vrou”. Vrouens beklee en handhaaf hulself in hoë profiel posisies met ongelooflike gesag en sukses. Dink maar aan Hillary Clinton en Angela Merkel in die politieke arena. Groot name in die besigheidswêreld is ondermeer Marissa Mayer (Hoof Uitvoerende Beampte van Yahoo), Gill Marcus (Hoof van die Suid- Afrikaanse Reserwebank) en Christine Lagarde (Besturende Direkteur van die Internasionale Monetêre Fonds). Dan speel vroue ook nog die belangrike rol van ‘n ma, wat ons jeug moet slyp vir die toekoms! Nieteenstaande die suksesse wat vroue in dissiplines regoor ons samelewing behaal, tree vroue in baie gevalle onseker op as dit by hul geldsake kom. Volgens ‘n studie wat Allianz Life in 2013 onder vroue in Noord-Amerika gedoen het, is bevind dat negentig persent (90%) van vroue finansieel onseker voel as dit by hul geldsake kom. Wat verder onrusbarend is, is dat byna die helfte van die vroue se grootste bekommernis is dat hulle alles kan verloor en afhanklik sal raak van iemand anders ten opsigte van hul geldsake. Dit sluit vroue wat meer as R2,000,000-00 ‘n jaar verdien in. Die studie het verder bevind dat ‘n vrou se nommer een vrees is om hul lewensmaat te verloor en hul tweede grootste vrees is dat hul nie geld sal hê by aftrede nie. Vir enkellopende of geskeide vrouens is laasgenoemde hul grootste vrees. Om finansieel onafhanklik te raak is ‘n proses wat dissipline verg oor jare en is nie iets wat oornag plaasvind nie. Kortliks die volgende vir oorweging: Moenie skei van jou geld nie Vroue skei in baie gevalle van hul inkomste en laat alle finansiële sake aan hul lewensmaat oor. Dit is belangrik dat elke vrou ‘n sin van finansies het en seker maak sy is ingelig as dit by haar eie geldsake kom. Sorteer jouself uit en maak ‘n plan Vroue se tyd is dikwels beperk en hul kry nie altyd genoegsame “me time” om na dinge soos ‘n begroting, testament, genoegsame korrekte lewens- en ongeskiktheidsdekking asook beleggingsmoontlikhede te kyk nie. Neem tyd en skryf neer wat alles belangrik is en watter aspekte aandag moet geniet. Begin stelselmatig elke aspek aanspreek soos om jou testament te hersien. Sodra dit afgehandel is pak die volgende taak aan soos die opstel van ‘n begroting. Maak seker jy hanteer alle aspekte met verloop van tyd. Begin net! Begin belê en neem berekende risiko Baie vrouens voel hulle het nie genoegsame fondse om te belê nie. Dit is in meeste gevalle onwaar en jy kan vir so min as R500 per maand in effektetrusts begin spaar. As ‘n reël is vrouens ook geneig om risiko avers te wees. Oor tyd dra groeibates soos aandele en eiendom risiko en kan ‘n belegging daarin berekend gedoen word. Namens almal by Boshoff Visser wens ons al ons vroue kollegas en kliënte ‘n gelukkige Vrouedag toe op 9 Augustus.