Agri Kultuur August 2014 | Page 52

ʼn Baie tevrede Stefan Meyer van die plaas Manana, Lichtenburg, en Ben Dunhin, verteenwoordiger van PANNAR-saad. Mnr Meyer het begin November 2013, PAN 868 op sy plaas, Manana, buite Lichtenburg, geplant. Die aanplanting het gedurende Desember en die eerste drie weke van Januarie amper van droogte gevrek, toe altesaam net 60 mm reën tot 20 Jan geval het. Dit het egter na die goeie reën van 150 mm wat oor twee weke in Februarie 2014 ontvang is, tot ʼn hoogte van 3,5 m uitgegroei en 31% meer droëmateriaalkuilvoer as die mielies gelewer. PAN 868 word ook geplant vir staandehooi, wat hy gedurende die winter benut. Mnr Meyer plant ook die vinniger baster, PAN 888, aan om as weiding te benut omdat dit oor ʼn uitstekende hergroeivermoë beskik. word dit as giftig beskou. Plante wat ʼn risiko inhou, kan ingekuil word. Nitraatvlakke kan so met 40 tot 60% verlaag. Plante ook kan goed besproei word, wat groei sal bevorder en nitraatvlakke verlaag. Wees egter versigtig vir blousuurvergiftiging op nuwe groei in die geval van voersorghum. Onttrek vee vir 7 tot 14 dae na ʼn stremmingstoestand. Diere onder fisiologiese stremming (siek, honger, lakterend, dragtig) is meer vatbaar vir nitraatvergiftiging. Simptome sluit in; onrustige diere, donker slymvliese, vinnige asemhaling, oormatige speekselafskeiding, gereelde urinering en bloedbelope oë. Diere wat hierdie simptome toon kan met metileenblou behandel word (skakel methemoglobien terug na hemoglobien), maar die beste is om ʼn veearts te raadpleeg. Pas ook diere aan op nuwe weiding. Enige aanvullende voer kan die nitraatvlakke verdun. Verseker te alle tye genoeg skoon drinkwater. PANNAR kan voorsien Die vraag na PANNAR-voersorghum en -babala kon nie die afgelope seisoen bevredig word nie, maar vanjaar is daar genoeg saad beskikbaar. Die vier PANNARgewasse waaruit die boer ‘n wenpakket kan saamstel, is PAN 888, PAN 868, SILAGE KING en MILKSTAR. Tabel 1 toon hulle aanwendings en eienskappe wat hulle van mekaar onderskei. U PANNAR-verteenwoordiger kan meer inligting gee en u help om ‘n plantpakket saam te stel wat tevrede, goedgevoerde, presterende diere sal verseker. Vir meer inligting oor PANNAR se voortreflike reeks voergewasse-, mielie-, sorghum-, sonneblom-, soja- en droëboonsaadsaad en dienste aan die boer, praat met Dirk Coetzee by 082-649-6359 of e-pos [email protected]. Besoek ook http://www.pannar.com.