Agri Kultuur August 2014 | Page 49

Foto 2: Voersorghum hou nie van suur grond nie. Regs van die rooi lyn is drie voersorghumbasters, wat swak vergelyk met basterbabala (links) op suur grond met ʼn pH (KCl) van 3,8. haarwortelontwikkeling. Dit is te wyte aan die koue en lae pHgronde wat fosfaatopname (P) belemmer. Wees bedag Die gebruik van voersorghum is doodveilig as boere ‘n paar basiese beginsels in ag neem. Blousuur- en nitraatvergiftiging verskil drasties van mekaar, maar dit word deur soortgelyke omstandighede veroorsaak. Klimaat- en bestuursfaktore wat plante onder spanning plaas, kan hierdie toestande tot gevolg hê. In ʼn normale jaar is die voorkoms van albei hierdie toestande gewoonlik beperk. Sorghumspesies is inherent geneig tot blousuurvergiftiging. Nitraatvergiftiging kan tegnies in alle plante voorkom, maar kom veral by sorghumspesies voor, deels as gevolg van hulle vermoë om onder stremmingstoestande in ʼn ‘dormansie-fase’ in te gaan. Deur bewus te wees van die oorsake, simptome en behandeling van blousuur- en nitraatvergiftiging , kan boere moontlike verliese vermy en beperk. Blousuurvergiftiging: Blousuurvergiftiging kan ook sianiedvergiftiging genoem word. Sianied kan deur die grootpens opgeneem word en aan die hemoglobien wat suurstof in die bloed vervoer, bind. Dit verhoed dat hemoglobien suurstof aan organe kan afgee (vandaar die kersierooi kleur van die bloed) en diere versmoor gevolglik. Diere kan binne vyf minute na inname tekens van vergiftiging toon en so gou as tien minute later vrek. Blousuurvlakke in plante verander deurlopend. Plante wat aan onkruiddoder-, droogte- en rypskade onderhewig is of wat vinnig groei/herstel na stremmingstoestande, kan hoë vlakke van blousuur bevat. Versuiping, insek- en siektedruk is bykomende stremmingsfaktore wat opbou van blousuurvlakke kan veroorsaak. Jong groei na reën/besproeiing kan baie giftig wees en dit is beter om beweiding van verlepte plante te vermy. Blousuurvlakke kan in voer getoets word. Indien dit meer as 500 dele per miljoen (dpm) op ʼn droë- Tabel 1: Vergelyking van nitraat- en blousuurvergiftiging Nitraatvergiftiging Blousuurvergiftiging Sommige plantspesies veral sorghum spp Oorsake Alle plante, maar veral sorghum- en amaranthus spp Spanningstoestande wat groei strem Plantdele Laer stamme en ouer blare Spanningstoestande wat plante laat verlep of vinnige groei tot gevolg het Jong plante en hergroei Vrektes Binne 4 uur vanaf inname Binne minute vanaf inname Groenkerfsels (‘green chop’) Steeds skadelik Steeds skadelik Effek van staandehooi / hooimaak Effek van kuilvoermaak Steeds skadelik Veilig indien behoorlik gedroog word Bloedkleur Verlaag nitraatvlakke met 40 tot 60%. Laer risiko Sjokoladebruin Beperkte vervlugtiging tydens kuilvoermaakproses. Steeds skadelik Kersierooi Behandeling Metileenblou binne-aars Hypo (natriumtiosulfaat) / Swawel Babala Ja Nee Tipe plant