Agri Kultuur August 2014 | Page 48

Alles wat jy moet weet Artikel verskaf deur PANNAR V oer maak vir elke veeboer die verskil tussen sukses en mislukking, of veeboerdery nou ook al die boer se hoofbedryf of net ʼn newe-bedryf ter wille van diversifikasie en risikoverspreiding is. Een bron van voer wat boere beslis kan bevoordeel, is voersorghum:  Voersorghum is meer droogtebestand is as mielies, daarom is dit sinvol om in droogtege- teisterde gebiede liewer voersorghum aan te plant.  Voersorghum is veelsydig. Dit kan as kuilvoer, staandehooi, groenkerfsels (sny en voer) en weiding benut word.  Selfs op marginale gronde wat minder geskik is vir mielieproduksie, kan daar met groot sukses voersorghum verbou word.  Op plekke waar mielies knaend gesteel word, is voersorghum ook ʼn goeie alternatiewe keuse. Foto 1: Voersorghum 13 weke nadat dit in baie koue grond geplant is. Wanneer voersorghum geplant word, moet sekere basiese beginsels in ag geneem word: Grondtemperatuur Voersorghum is gevoelig vir koue en aanplanting behoort eers plaas te vind sodra die minimum daggrondtemperatuur 18°C bereik het. Foto 1 wys hoe saailinge 13 weke na plant lyk, waar die grondtemperatuur te laag was tydens planttyd. Die saailinge het eers toe dit warm word, begin groei. Haarwortelontwikkeling was egter swak en die plante het nooit ten volle herstel nie. Kry pH reg Voersorghum kan op ʼn verskeidenheid grondsoorte verbou word, maar vaar nie goed op suur grond nie. Suurversadiging van minder as 20% en ʼn pH (KCl) groter as vyf behoort gehandhaaf te word. Foto 2 toon tot watter mate die groei van voersorghumbasters by ʼn pH (KCl) van 3,8 beperk is, teenoor dié van basterbabala wat meer suurverdraagsaam is. In albei bogenoemde gevalle, waar die plante se groei permanent vertraag is, het dit te doen met swak