Wat van die toekoms?
Omdat die moratorium op die
gebruik van GM gewsasse in baie
Europese lande en dele van die VSA
en Kanada gelig is, is biotegnologiese navorsing met groot ywer
geïntensifiseer.
Die volgende is maar enkele van die
interessantste projekte waaraan
gewerk word:
Rysskultivars met verhoogde
ystergehalte
Koring, mielies en rys wat hoë
droogtetoleransie het
In België is populierbome gemanipuleer om 20% minder lignien en
17% meer sellulose te bevat wat
hulle meer geskik maak vir bioetanol produksie
In Argentinië is tabakplante gemanipuleer om ‘stresfaktore te
weerstaan, soos bv. ystertekort in
die grond, hoë temperature, ryptoestande, droogte, hoë UV
uitstraling, hoë soutgrond toestande en suur en brak gronde.
Samevattend
Ondanks weerstand teen GMO’s,
gaan navorsing teen ‘n versnelde pas
voort. Dit is ‘n magtige veranderingsagent wat die landbou nie durf
ignoreer of op simplistiese wyse kan
afmaak nie.
Biotegnologie is ‘n inspuiting vir
spesialisasie. Dit is ook duidelik dat
GMO’s gekom het om te bly en dat
dit, solank die inidvidu sy eie besluite
kan neem, is dit onwaarskynlik dat
landbou ooit sonder twee parallelafsonderlike markte, een vir geneties
gemanipuleerde produkte en een vir
GMO–vrye produkte sal wees.
‘n Land wat nie vir sy mense kan kos
gee nie, is nie ‘n vry land nie, het
mnr Bene M’Poko, voormalikge
ambassadeur van die Demokratiese
Republiek van die Kongo, op ‘n keer
gesê. Sy mening dat biotegnologie
tot Afrika se redding kan kom deur
verhoogde produksie, voedsamer kos
en entstowwe wat deur genetiese
manipulasie in voedselsoorte ingebou kan word, sluit aan by mnr.
Jimmy Carter (voormalige president
van Amerika) se stelling: “Verantwoordelike biotegnologie is nie die
vyand nie, hongersnood is. Sonder
genoegsame voedselvoorsiening teen
bekostigbare pryse kan ons nie
wêreldgesondheid of vrede verwag
nie”.
Die hele kontroversie rondom GMO’s
het egter ook gekom om te bly en
het ons die einde nog lank nie gesien
nie – ook maar goed want dit hou
die wetenskap en besluitnemers op
hul tone en dit mag dalk lei tot die
ontwikkeling van ander en beter
alternatiewe wat aan die eise van
voedselsekerheid en volhoubaarheid
sal voldoen.
Erkennings:
Grobbelaar T, 2002: https://
www.senwes.co.za/Files/
main_Scenario/
archive_articles/2002%
5C20020301_gmo_grane.htm
http://www.acbio.org.za/
index.php/publications/gmos-insouth-africa?start=30
http://www.nda.agric.za/docs/
StratPlan07/07sectoral.pdf
Whitlock,V, 2010: http://
landbou.com/kundiges/vra-virfaffa/geneties-gemanipuleerdeplante-vriend-of-vyand/