Agri Kultuur August 2014 | Page 41

teen sekere insekplae soos bolwurm, stamboorder, ens . (Hierdie voorbeeld is ook die eerste van ‘n reeks voorbeelde wat wêreldwyd publieke weerstand en bespiegeling uitgelok het. Gaan kyk gerus op die internet na die onderskeie opinies in die verband.)  ‘n Gewone ryskultivar is gemodifiseer met die gene wat beta-karoteen produksie stimuleer. Betakaroteen word in die liggaam omgesit na vitamien A.  Tamaties, aarbeie, pynappel, soetrissies en piesang bevat ‘n geen wat bederf vertraag. Voordele van GM gewasse? Daar is nie net voordele vir die produsent en verbruikers nie, maar ook vir die omgewing:  Insekbestand heid: Die boer gebruik heelwat minder insekdoders. Gewasse met onkruiddoder bestandheid laat die boer toe om sekere onkruide chemies te beheer wat heelwat minder arbeidsintensief is as om meganies te skoffel.  Bederfvertragende eienskappe: Die voordele is voor die hand liggend.  Omgewingsvoordele: Spruit uit die feit dat minder landbou- chemikalieë gebruik word en omgewingsbesoedeling so verminder word.  Opbrengsverhoging: Gebruik van GM gewasse het daartoe gelei dat meer kos op dieselfde hoeveelheid grond geproduseer kan word. In die geval van bv Brasilië het produksie noemenswaardig gestyg sonder ‘n toename in die area van die landbougebiede.  Biodiversiteit: Wetenskaplikes stem almal saam dat habitatverlies die grootste gevaar inhou vir biodiversiteit. As die vraag vir landbougrond dus dieselfde bly terwyl meer kos geproduseer word, is dit ‘n ongetwyfelde voordeel.  Verligting van armoede: Van die 25 lande waar GM gewasse aangeplant word, is 12 ontwikkelende lande (Waarvan SuidAfrika een is). WGO opnames het bewys dat die gebruik van hierdie gewasse grootliks bygedra het tot verligting van armoede by klein skaal boere in hierdie streke. Om op te som, die gebruik van GM gewasse verminder omgewingsbesoedeling en verhoogde produksie met minder insetkoste (plaag- en onkruiddoders) en is tot voordeel vir produsente en ook verbruikers. Nadele van GM gewasse? Sommiges glo dat die gebruik van insekbestande (Bt) gewasse kan lei tot bestandheid teen insekdoders, juis in dié plae wat deur hulle beheer word. Deur insekdoders op konvensionele maniere te gebruik, kan egter ook tot weerstand lei. ‘n Ander argument wat gebruik word, is dat GM plante ander plante soos onkruide kan bestuif en sodoende ongewensde bestandheid in hierdie plante veroorsaak. Dit is seker ‘n teoretiese moontlikheid, maar dit is nog nêrens bewys nie. In vroeëre pogings om bederfwerende gewasse te produseer, is daar van antibiotika gebruik gemaak. Die nadele hiervan is ongetwyfeld ernstig, maar die nuutste navorsing maak gebruik van sekere bakteriese gene, wat geen nadele inhou nie. Een groot nadeel, is die koste van die saad. Die maatskappye wat GM saad produseer, verseker dat die plante steriele saad voortbring. Vir arm boeregemeenskappe wat ‘n deel van die opbrengs gewoonlik terughou vir aanplanting in die volgende seisoen beteken dit dat hulle met GM gewasse elke seisoen nuwe saad sal moet aankoop.