Saamgestel deur Sors Pretorius
G
eneties gemodifiseerde
organismes (GMO’s) is
deesdae in die populêre
media ‘n see van inligting kontroversie, opinies en uitsprake. Te verstane is die feit dat
mense en groepe emosioneel oor die
aangeleentheid raak omdat al die
inligting waarmee hul daagliks gekonfronteer word ‘n goeie teelaarde
vir wanpersepsies skep.
Vir die produsent in Suid-Afrika is die
aanplant van geneties gemodifiseerde gewasse niks vreemds meer nie.
Met sowat 2.9 miljoen ha van die
land se sowat 15.8 miljoen ha wat
geskik is vir kontantgewasse reeds
onder geneties gemanipuleerde
gewasse, is daar daagliks meer en
meer boere wat hulself tot die
aanplant van die sg GMO’s wend.
Suid –Afrikaners leef reeds daagliks
met die eindprodukte van GMO’s
saam. Die kans dat die pap wat jy
vanoggend geëet het afkomstig is
van geneties gemanipuleerde mielies
is dus baie goed want sowat 86 %
van die totale mielies in die land
geproduseer in 2012, is biotegnologies, 90% van alle sojabone en
100% van katoen.
Produsente wat tot die GM mark wil
toetree moet besef dat die besluite
wat hy neem finansiële implikasies
gaan hê waarvan nie ontsnap kan
word nie. Dit is dus noodsaaklik dat
die besluit ‘n ingeligte besluit moet
wees. Van kardinale belang is dat die
totale gewasketting vanaf die produsent, tot by die verwerker homself
so moet aanpas by die nuwe tegnologie en die gepaardgaande eise,
dat hy internasionaal mededingend
kan bly. Sekere standpunte sal ingeneem moet word en aksie-plannie in
plek gestel moet word om die aangeleentheid na elkeen se vermoë ten
beste te kan bestuur.
Produsente moet ook weet watter
produkte op watter kruideniersrak
toegelaat sal word en hom dienooreenkomstig orienteer. Die vermelding van die teenwoordigheid
van GMO’s op etikette van alle
verwerkte en vars voedselprodukte
word vanaf 5 Desember 2001 wetlik
vereis vir verbruikersbeskerming. Die
regulasies (Regulasie R366 van 4 Mei
2001) maak ook voorsiening dat
enige produsent of verwerker wat die
etiket “non-GMO” op sy produk wil
aanbring aan bepaalde vereistes
moet voeldoen. Die voornemende
produsent moet homself ook deeglik
hiervan vergewis.
Wat maak GMO’s anders?
Plantverbetering is in die verlede en
tans by wyse van kruisteling en
seleksie bewerkstelling. Daarteenoor
is biotegnologie ‘n meer onlangs
ontwikkelde tegniek waarmee
organismes geneties verander kan
word deur genetiese tegnologie. ‘n
Geneties gemanipuleerde organisme
(GMO) is dus enige organisme wat
gene bevat wat nie normaalweg in
hom voorkom nie. Alhoewel ons hier
op plante (gewasse) konsentreer,
moet in gedagte gehou word dat
ander organismes, soos bakterieë,
swamme, giste en dier- en plantselle,
ook geneties gemodifiseer kan word.
Kommersiële beskikbaarheid van
GM gewasse
Sommige variëteite van die onderstaande gewasse is onder andere
reeds biotegnologies gemodifiseer
met die oog op spesifieke eienskappe:
Rape, mielies, sojabone en suikerriet het die geen wat hulle bestand maak teen sekere onkruiddoders.
Mielies, koring , aartappels en
katoen, onder andere, bevat die
Bt geen wat hulle bestand maak