Agri Kultuur August 2014 | Page 4

S Redaksie | Editorial oms is dit so maklik om net voor jou rekenaar te gaan sit en die woorde kom teen so ‘n spoed dat jou vingers nie kan byhou nie en ander kere kan jy dae aaneen sit sonder enige inspirasie. Dit is sulke dae wat ek die rekenaar toemaak, in my motor klim en die rûens vat. Ja, hier vat ons nie die vlaktes nie maar die Rûens van die Overberg. Wat ‘n mooi beskrywende naam is dit nie en die tyd van die jaar is die suidpunt van Afrika beslis een van die mooiste plekke in die wêreld. As far as the eye can see, the slopes are covered kneehigh in barley, wheat and canola, resembling a wellplanned quilt such as Grandma, with all her skill and wisdom, couldn’t duplicate. Ironically, when I think about farming, I always think about my Grandmother, a woman of many talents, determination, courage and hope. She was the farmer after my grandfather passed away. Not only was she a successful farmer, she also raised her children, cooked marvellous meals, baked fabulous cakes, and had a veggie garden I can only dream of, but she still made time for her family, neighbours and friends. Wanneer ons gaan soek na uitstaande vroue in die landbou hoef ons nie ver te soek nie, hulle is oral om ons - vroue wat vrou-alleen suksesvol hul boerdery be- dryf, sommige uit nood, ander uit keuse. Min besef ons wat die uitdagings vir vroue in die landbou inhou en watter inspanning en toewyding dit dikwels verg om bo uit te kom of soms net te oorleef. Boerdery word so dikwels uitsluitlik met mans geassosieer, tog is die arbeider, regdeur die wêreld in menige kulture vroue. Vroue wat dikwels met ‘n kind op die rug of al spelend onder die skadu van ‘n boom of geprakseerde skuilte, skouer teen skouer met die man saamwerk om die saad te plant, water te gee, vuilgoed te skoffel of die oes in te samel - dieselfde vrou wat vanaand vir die kos op die tafel verantwoordelik is, die kinders met huiswerk moet help, pyne moet wegdokter en laat snags, as almal reeds slaap, eers in die bed kom. Die spreukwoord lui: Agter elke suksesvolle man staan ‘n suksesvolle vrou, en dit is ook nie anders op ‘n plaas nie. I hence dedicate this edition of Agri Kultuur/Culture and Women’s Month to all women farmers, farmers’ wives and companions, irrespective of colour, creed or culture, for their immense contribution to our country’s and families’ wellbeing. To conclude in agreement with a quote by Mark Twain: “What would men be without women? Scarce, sir...mighty scarce.” Viva ladies! Chris