Agri Kultuur August 2014 | Page 22

PROMOSIE-ARTIKEL I n ’n era waarin waterhulpbronne streng beheer en gereguleer word, is dit noodsaaklik dat kweekhuiskwekers so doeltreffend moontlik gebruik maak van die water wat hulle het en dat hulle bykomende waterbronne wat vryelik beskikbaar is, asook alternatiewe en doeltreffender besproeiingsopsies ontgin. Reënwateropvangs gekombineer met drupbesproeiing kan inderdaad die onontginde bondgenote word waarop kwekers in die toekoms kan staatmaak. Klein, medium en groot kommersiële kwekers wie se kweekhuise groot dakoppervlaktes het, moenie die opvangspotensiaal van groot volumes onderskat nie. ’n Kweekhuisdak van 6000 m2 en ’n jaarlikse reënval van 700 mm kan ’n oes van sowat 3 302 kl water in een jaar oplewer. Om reënwater uit ’n 20mm reënbui op te vang, sal opgaarkapasiteit van ongeveer 100 kl vereis, oftewel 10 x 10 000-ℓ tenks of 5 x 20 000-ℓ tenks. Die stelsels kan redelik maklik opgestel word, en bestaan uit geute, afvoerpype, pypwerk en toereikende vooraf filtrering van reënwater. ’n Drukstupomp versprei die water vir besproeiingsgebruik. Dit maak sin om die opgevangde reënwater saam met doeltreffende waterslim-drupbesproeiingstelsels te gebruik. Korrekte filtrasie van die reënwater, beide voordat dit in die wateropgaartenks invloei, asook daarna deur die drukversterkerstelsel, verhoed dat die emittors verstop raak en is deel van ’n goeie drupbesproeiingsontwerp. Die voordele van drupbesproeiing sluit in 1. die gebruik van minder water om dieselfde of beter resultate te verkry; 2. die vermoë om die regte hoeveelheid water, gemeng met die regte bestanddele, op die regte tyd, op die regte plek te plaas; 3. eenvormige verspreiding van water en nutriënte; 4. ’n verlaging in arbeidskoste; 5. groter oesopbrengste, vergeleke met tradisionele grootdruppelsprinkelbesproeiingstelsels, terwyl minder waterhulpbronne gebruik word; en 6. ’n besparing op pomp‑ en elektrisiteitskoste omdat ’n drupbesproeiingstelsel stadiger in liter per uur besproei en dit dus moontlik is om die kleiner, goedkoper kW-drukpomp te gebruik. Hierdie pompe kan maklik saam met fotovoltaïese stelsels met batteryrugsteun gebruik word. Reënwater kan maklik met ander munisipale of boorgatwaterbronne gemeng word om gewasse te besproei. Dit is sagte water en kan voordelig wees indien jou boorgatwater hard is. Dit kan ook help om die koste van chemikalieë te verlaag aangesien die gebruik van versagters kan daal. Dis maklik om die onderskeie waterbronne te meng in ’n bufferwatertenk wat afsonderlik van die reënwater‑ en boorgatopgaarstelsel gevoed word. Klein hou‑ of buffertenks met hierdie gemengde watervoorraad laat die kweker toe om die water te toets en te behandel indien die pH‑vlakke, ensovoorts aanpassing nodig het. Dit is ook maklik om vloeibare misstowwe vir sproeibemestingsvereistes in hierdie klein tenks in te meng. Die opvangs van reënwater vanaf kweekhuise, tonnels, ensovoorts, is hoogs doeltreffend omdat water op die perseel opgevang en op die perseel gebruik word. Reënwater minimaliseer ook oorstromings en waterskade wat dikwels deur stormwaterafloop veroorsaak word. JoJo-watertenks is die natuurlike oplossing vir die opgaring van geoeste reënwater. Alle JoJo Tanks het ’n 8-jaarwaarborg en is deur die Agrémentraad van Suid-Afrika doelgeskik gesertifiseer. Hulle is met swart voedselgraadmateriaal gevoer om die sonlig uit te hou en sodoende die groei van alge te verhoed. Deur jou wateropgaringskapasiteit tussen ’n paar tenks te verdeel, skep jy nie net ’n manier waarop instandhouding gedoen kan word sonder om al die opgegaarde water uit te tap nie, maar jy versprei ook jou risiko: indien een tenk beskadig is, gaan al die water nie verlore nie. Verseëlde watertenks verhoed biologiese, chemiese en fisiese besmetting en die modulêre formaat van ’n JoJo-tenk laat jou toe om jou opgaarvereistes uit te brei namate jou behoeftes dit vereis en jou beursie dit toelaat. Drupbesproeiing tesame met reënwateropvangs en ‑opgaring in ’n paar tenks kan kostedoeltreffender en voordeliger wees as wat jy dink. Vir meer inligting besoek www.jojotanks.co.za; e-pos [email protected]; skakel 013 262 3021