Agri Kultuur August 2014 | Page 13

daaropvolgende somerreënvalseisoen nie. Die enigste wat wel dikwels ‘n verband het, is dat ‘n koue winter ‘n aanduiding is van ‘n vroeë reënvalseisoen. Dit is ook baie keer gekoppel aan ‘n El Nino-verskynsel waar koue fronte baie sterk en verder noord as normaal voorkom. Dit word veroorsaak deur redelik goed ontwikkelde laagdruk-stelsels wat oor die sentrale tot westelike binneland begin ontstaan van Augustus tot Oktober en redelike goeie somerreënvalneerslae tot gevolg het. Dit is egter dikwels ‘n aanduiding van droër toestande later in die seisoen. Wat is die stand van El Nino en ander faktore wat landbou produksie kan beinvloed? Daar is reeds sedert Mei 2014 aanduidings van ‘n verwarming van see-oppervlaktemperature in die Nino-gebiede van die Stille Oseaan. Hoewel daar in die laaste tyd ‘n effense laer intensiteit El Nino voorspel word, is die kanse steeds meer as 70% dat ‘n matige El Nino gaan heers tot ongeveer die herfs van 2015. El Nino is egter nie altyd verantwoordelik vir droogtes nie, hoewel van die ergste droogtes wel voorgekom het tydens El Nino-jare. Daar is ook ander faktore wat ‘n rol speel om die effek van El Nino te bepaal. Die eerste een is die stand van see-oppervlaktemperature in die Stille Oseaan. Dit bepaal of tropiese siklone nader of verder van die Afrika kuslyn gaan voorkom. Tropiese siklone kom in die periode van Desember tot April voor en veroorsaak ‘n versteuring in reënvalpatrone indien dit te naby aan die Afrika kontinent voorkom. Die piek voorkoms van siklone is ook gedurende die tydperk wanneer somergraangewasse op hulle gevoeligste is vir veral droogtestremming naamlik Januarie tot Maart. Tropiese siklone veroorsaak baie swaar reën rondom die kern van die sikloon, maar droë toestande verder weg van die kern. ‘n Ander faktor wat die uitwerking van ‘n El Nino op graanproduksietoestande kan beïnvloed is die hoeveelheid grondwater wat in landerye gestoor of beskikbaar is vòòr die aanvang van El Nino-toestande. So byvoorbeeld kan normale of selfs bo-normale reënval sorg dat weidings in ‘n swak toestand steeds nie normaal gaan herstel nie terwyl ondergemiddelde reënval bestaande weidings in ‘n goeie toestand byvoorbeeld vinniger laat produseer. Artikel geborg deur: Soortgelyk met graanproduksie waar baie beskikbare grondwater tydens planttyd kan toelaat dat minder reën gedurende die reënseisoen kan voorkom en steeds goeie produksies kan lewer. Wat betref die Indiese Oseaan toon voorspellings dat tropiese siklone se effek waarskynlik minder prominent op weerspatrone oor suidelike Afrika gaan wees aangesien die warmer oppervlakwater waarskynlik nader aan Australië gaan wees as aan die Afrika kontinent. Dit is positief vir reënval, maar grondwatertoestande in veral die sentrale tot westelike somergraan produserende gebiede is tans nog baie swak en moet baie reen dus voorkom om grondwatervlakke aan te vul. Daar is egter ‘n bogemiddelde kans vir reën wat kan voorkom in die lentemaande wat grondwatervlakke dalk kan aanvul. Hoe kan die seisoen vorentoe daar uitsien? Wat somergraanproduksietoestande betref lyk toestande tans ondergemiddeld. Daar is min grondwater, die onsekerheid oor El Nino, die baie lae graankommoditeitspryse en arbeidrisiko laat vooruitsigte effens negatief daar uitsien. Aan die an-