Agri Kultuur August 2014 | Page 12

Artikel deur Johan van den Berg SANTAM LANDBOU D ie winter van 2014 sal onthou word as ‘n relatief koue winter. “Relatief” omdat dit kouer was as die laaste klompie winters, maar goed vergelyk met die langtermyngemiddelde temperature. Daar was wel ‘n paar dae met byna rekord lae minimumtemperature met heelwat plekke waar minimum temperature van laer as -7oC op meer as een geleentheid gemeet is. Een van die redes vir die lae temperature is die min lugvog vanjaar. Die grootste gedeelte van die Somerreënvalgebied het baie min reën gehad van ongeveer Maart 2014 wat uiters lae lugvogtoestande tot gevolg gehad het. (Lugvog dien as buffer om hitte-energie uitstraling vanaf die aarde terug na die atmosfeer te beperk). Min lugvog veroorsaak ‘n sogenaamde “woestynklimaat” met baie energie wat bedags ongehinderd die aarde se oppervlak bereik en baie warm word en snags die teenoorgestelde. Tweedens is daar sedert Mei 2014 in ‘n swak El Nino-fase inbeweeg wat ook gewoonlik meer koue fronte wat ook verder noordwaarts as normaal beweeg, veroorsaak. Wat dalk die winter so “koud” gemaak het of as baie koud ervaar is, is dat daar relatief lang periodes met baie lae temperature was. So byvoorbeeld was die minimumtemperature gedurende die periode van 6 tot 15 Julie elke dag -5oC of kouer oor groot gedeeltes van die sentrale binneland. Dit is veral in die Oos- en Noord-Kaap waar temperature baie laag was. By ‘n weerstasie in die Colesbergdistrik is daar byvoorbeeld Artikel geborg deur: op 5 agtereenvolgende nagte minimumtemperature van –9oC of laer gemeet: 6 Julie -9.68oC 7 Julie -9.0oC 8 Julie -11.14oC 9 Julie -11.45oC 10 Julie -11.84oC Wat die winterreënvalgebied betref het veral die wynlande van die Suidwes-Kaap redelike goeie neer-slae gekry saam met die koue fronte. Die Wes-Kaapse binneland het egter minder reën gekry. Is die koue winter ‘n aanduiding van ‘n goeie somerreënvalseisoen? Daar is nie regtig ‘n verband tussen die intensiteit van ‘n winter en die