S
Redaksie | Editorial
oms is dit so maklik om net voor jou rekenaar
te gaan sit en die woorde kom teen so ‘n
spoed dat jou vingers nie kan byhou nie en
ander kere kan jy dae aaneen sit sonder enige
inspirasie. Dit is sulke dae wat ek die rekenaar toemaak, in my motor klim en die rûens vat. Ja, hier vat
ons nie die vlaktes nie maar die Rûens van die Overberg. Wat ‘n mooi beskrywende naam is dit nie en die
tyd van die jaar is die suidpunt van Afrika beslis een
van die mooiste plekke in die wêreld.
As far as the eye can see, the slopes are covered kneehigh in barley, wheat and canola, resembling a wellplanned quilt such as Grandma, with all her skill and
wisdom, couldn’t duplicate. Ironically, when I think
about farming, I always think about my Grandmother,
a woman of many talents, determination, courage and
hope. She was the farmer after my grandfather passed
away. Not only was she a successful farmer, she also
raised her children, cooked marvellous meals, baked
fabulous cakes, and had a veggie garden I can only
dream of, but she still made time for her family, neighbours and friends.
Wanneer ons gaan soek na uitstaande vroue in die
landbou hoef ons nie ver te soek nie, hulle is oral om
ons - vroue wat vrou-alleen suksesvol hul boerdery be-
dryf, sommige uit nood, ander uit keuse. Min besef
ons wat die uitdagings vir vroue in die landbou inhou
en watter inspanning en toewyding dit dikwels verg
om bo uit te kom of soms net te oorleef.
Boerdery word so dikwels uitsluitlik met mans geassosieer, tog is die arbeider, regdeur die wêreld in
menige kulture vroue. Vroue wat dikwels met ‘n kind
op die rug of al spelend onder die skadu van ‘n boom
of geprakseerde skuilte, skouer teen skouer met die
man saamwerk om die saad te plant, water te gee,
vuilgoed te skoffel of die oes in te samel - dieselfde
vrou wat vanaand vir die kos op die tafel verantwoordelik is, die kinders met huiswerk moet help,
pyne moet wegdokter en laat snags, as almal reeds
slaap, eers in die bed kom. Die spreukwoord lui: Agter
elke suksesvolle man staan ‘n suksesvolle vrou, en dit is
ook nie anders op ‘n plaas nie.
I hence dedicate this edition of Agri Kultuur/Culture
and Women’s Month to all women farmers, farmers’
wives and companions, irrespective of colour, creed or
culture, for their immense contribution to our country’s and families’ wellbeing. To conclude in agreement with a quote by Mark Twain: “What would men
be without women? Scarce, sir...mighty scarce.”
Viva ladies!
Chris