PROMOSIE-ARTIKEL
I
n ’n era waarin waterhulpbronne streng beheer en
gereguleer word, is dit
noodsaaklik dat kweekhuiskwekers so doeltreffend moontlik
gebruik maak van die water wat
hulle het en dat hulle bykomende
waterbronne wat vryelik beskikbaar
is, asook alternatiewe en doeltreffender besproeiingsopsies ontgin.
Reënwateropvangs gekombineer
met drupbesproeiing kan inderdaad
die onontginde bondgenote word
waarop kwekers in die toekoms kan
staatmaak.
Klein, medium en groot kommersiële kwekers wie se kweekhuise
groot dakoppervlaktes het, moenie
die opvangspotensiaal van groot
volumes onderskat nie. ’n Kweekhuisdak van 6000 m2 en ’n jaarlikse
reënval van 700 mm kan ’n oes van
sowat 3 302 kl water in een jaar
oplewer. Om reënwater uit ’n 20mm reënbui op te vang, sal opgaarkapasiteit van ongeveer 100 kl
vereis, oftewel 10 x 10 000-ℓ tenks
of 5 x 20 000-ℓ tenks. Die stelsels
kan redelik maklik opgestel word,
en bestaan uit geute, afvoerpype,
pypwerk en toereikende vooraf
filtrering van reënwater. ’n Drukstupomp versprei die water vir besproeiingsgebruik.
Dit maak sin om die opgevangde
reënwater saam met doeltreffende
waterslim-drupbesproeiingstelsels
te gebruik. Korrekte filtrasie van die
reënwater, beide voordat dit in die
wateropgaartenks invloei, asook
daarna deur die drukversterkerstelsel, verhoed dat die emittors
verstop raak en is deel van ’n goeie
drupbesproeiingsontwerp.
Die voordele van
drupbesproeiing sluit in
1. die gebruik van minder water
om dieselfde of beter resultate
te verkry;
2. die vermoë om die regte hoeveelheid water, gemeng met die
regte bestanddele, op die regte
tyd, op die regte plek te plaas;
3. eenvormige verspreiding van
water en nutriënte;
4. ’n verlaging in arbeidskoste;
5. groter oesopbrengste, vergeleke
met tradisionele grootdruppelsprinkelbesproeiingstelsels,
terwyl minder waterhulpbronne
gebruik word; en
6. ’n besparing op pomp‑ en elektrisiteitskoste omdat ’n drupbesproeiingstelsel stadiger in liter
per uur besproei en dit dus
moontlik is om die kleiner,
goedkoper kW-drukpomp te
gebruik. Hierdie pompe kan
maklik saam met fotovoltaïese
stelsels met batteryrugsteun
gebruik word.
Reënwater kan maklik met ander
munisipale of boorgatwaterbronne
gemeng word om gewasse te besproei. Dit is sagte water en kan
voordelig wees indien jou boorgatwater hard is. Dit kan ook help om
die koste van chemikalieë te verlaag
aangesien die gebruik van versagters kan daal. Dis maklik om die
onderskeie waterbronne te meng in
’n bufferwatertenk wat afsonderlik
van die reënwater‑ en boorgatopgaarstelsel gevoed word.
Klein hou‑ of buffertenks met hierdie gemengde watervoorraad laat
die kweker toe om die water te
toets en te behandel indien die
pH‑vlakke, ensovoorts aanpassing
nodig het. Dit is ook maklik om
vloeibare misstowwe vir sproeibemestingsvereistes in hierdie klein
tenks in te meng.
Die opvangs van reënwater vanaf
kweekhuise, tonnels, ensovoorts, is
hoogs doeltreffend omdat water op
die perseel opgevang en op die
perseel gebruik word. Reënwater
minimaliseer ook oorstromings en
waterskade wat dikwels deur
stormwaterafloop veroorsaak word.
JoJo-watertenks is die natuurlike
oplossing vir die opgaring van
geoeste reënwater. Alle JoJo Tanks
het ’n 8-jaarwaarborg en is deur die
Agrémentraad van Suid-Afrika doelgeskik gesertifiseer. Hulle is met
swart voedselgraadmateriaal gevoer
om die sonlig uit te hou en sodoende die groei van alge te verhoed.
Deur jou wateropgaringskapasiteit
tussen ’n paar tenks te verdeel, skep
jy nie net ’n manier waarop instandhouding gedoen kan word
sonder om al die opgegaarde water
uit te tap nie, maar jy versprei ook
jou risiko: indien een tenk beskadig
is, gaan al die water nie verlore nie.
Verseëlde watertenks verhoed biologiese, chemiese en fisiese besmetting en die modulêre formaat van
’n JoJo-tenk laat jou toe om jou opgaarvereistes uit te brei namate jou
behoeftes dit vereis en jou beursie
dit toelaat.
Drupbesproeiing tesame met reënwateropvangs en ‑opgaring in ’n
paar tenks kan kostedoeltreffender
en voordeliger wees as wat jy dink.
Vir meer inligting besoek www.jojotanks.co.za; e-pos [email protected]; skakel 013 262 3021