Saamgesel deur Chris Kriel
B
ewaringsboerdery (BB) is
‘n benadering waarvolgens agro-stelsels met die
oog op verbeterde en volgehoue produksie, verhoogde wins
en voedselsekuriteit bestuur word
en waartydens die hulpbronbasis en
die omgewing bewaar word. BB
word gekenmerk deur drie onlosmaaklike beginsels naamlik:
deur ander bekende goeie praktyke
soos die gebruik van kwaliteit saad
en geintegreerde pes-, voeding- en
onkruidbestuur ens., is BB ‘n basis
vir volgehoue en geïntensifiseerde
landbouproduksie. Dit baan voorts
die weg vir die integrering van ander produksiesektore soos oeslewende-hawe en bome-en-weiding in die landbou-omgewing.
Volgehoue minimum meganiese
grondversteuring
Permanente organiese grondbedekking
Diversifikasie van oesspesies wat
in opeenvolging aangeplant
word en/of kombinasies daarvan
Akkerbou word normaalweg
verbind met die ploeg as primêre
toerusting waarmee grond verwerk
word. Die ploeg van grond, so is
vroeër gedink, verhoog vrugbaarheid, wat sy oorsprong het in die
mineralisering van grondstowwe
wat die gevolg is van grondbewerking. Op die lange duur het dit egter
die vermindering van grondorganiese kwaliteit tot gevolg.
Grondorganiese materiaal voorsien
nie net voedingstowwe aan die oes
nie maar is ook, bo alles, ‘n noodsaaklike element in die stabilisering
van grondstruktuur. Gevolglik veroorsaak langdurige bewerking op
die konvensionele wyse, die vorming van ‘n kors en kompaksie wat
lei tot gronderosie. Die proses is
veral dramaties onder tropiese
klimaatsomstandighede en kan
regoor die wêreld waargeneem
word. Die voortdurende “skeur”
van die grond deur hierdie tipe
landbou-implemente het uiterste
langtermyn agteruitgan g van die
grondstuktuur tot gevolg.
BB beginsels is universeel toepasbaar in alle landbou-omgewings en
grondgebruike, met slegs plaaslik
aangepaste praktyke. BB bevorder
biodiversiteit en natuurlike biologiese prosesse bo en onder die
grondoppervlak. Ingrypings m.b.t.
die grond soos meganiese grondversteuring word met BB verminder
tot ‘n absolute minimum of totaal
uitgeskakel en eksterne insette soos
agro-chemiese middels en voidingstowwe van minerale of organiese
oorsprong word optimaal toegedien op wyses en hoeveelhede wat
nie met die biologiese prosesse bots
nie.
Bewaringsboerdery fasiliteer deeglike boerdery, tydige optrede en die
totale verbetering van grondbestuur onder droëland- en besproeiingproduksie. Gekomplimenteer
Gronderosie as resultaat van grond-
bewerking het talle rolspelers genoop om na alternatiewe te kyk om
die afbreekproses om te keer. Die
logiese alternatief is noodwendig
die vermindering van grondbewerking. In die laaste twee dekadeds
het die tegnologie in die verband
verbeter en aangepas om vir feitlik
elke plaas-, grond-, oestipe en
klimaatstreek voorsiening te maak.
Praktiese ervaring en ondervinding
met die nuwe benadering word
steeds ingewin en ontwikkel.
Laasgenoemde het gewys dat
hierdie tegnieke, wat opgesom
word as Bewaringsboerdery (BB)
metodes, heelwat meer behels as
slegs die vermindering van meganiese grondbewerking. In grond
wat vir ‘n aantal jare nie geploeg is
nie, het die oesoorblyfsels op die
grondoppervlak agtergebly en ‘n
laag molm tot gevolg gehad. Hierdie laag beskerm die grond teen die
fisiese impak van reën en wind
maar dit stabiliseer terselfdertyd die
grondwater en temperatuur in die
oppervlaklae. Sodoende word dié
sone, ‘n habitat vir ‘n menigte organismes; van groter insekte tot
grondgebonde fungi en bakterië.
Hierdie organismes verwerk die
molm, inkorporeer en meng dit met
die grond waar dit verrot tot kompos wat op sy beurt bydra tot die
fisiese stabilisering van die
grondstuktuur. Terselfdertyd dien
die grondorganiese materiaal as ‘n
buffer vir water en voedingstowwe.
Dit skep voorts stabiele grondsame-