Agri Kultuur April / April 2016 | Page 44

Artikel: Pia Nanny D gesig gestaar: Die departement se trekker was nie sterk genoeg om die planter te hanteer nie en gevolglik kon die planter nie optimaal benut word nie. Hulle het egter gou besef hulle word deur ’n nuwe uitdaging in die Van die departement se bedryfsvennote Overberg Agri, CLAAS en Kempston Agri het tot sy redding gekom en 31 Maart is die sleutels van ’n CLAAS-trekker aan prof Nick Kotzé, hoof van die Departement ie Departement Agronomie by die Universiteit Stellenbosch (US) was verlede jaar verheug oor die skenking van ’n Equalizerminimumbewerkingplanter deur die Kaapse maatskappy Theebo Tech aangesien dit hul navorsing oor graanverbouing sou bevorder. Agronomie, oorhandig. Danksy hierdie trekker met sy verbeterde vermoëns sal die departement sy nuwe minimumbewerkingplanter nou kan inspan om navorsing oor bedryfspeksifieke kwessies te doen en te poog om aan die landbougemeenskap antwoorde op hul spesifieke probleme te gee wat gebaseer is op wetenskaplike proewe. André Uys, besturende direkteur van die Overberg Agri-groep (tweede van regs), oorhandig die CLAAStrekker se sleutel aan prof Nick Kotzé hoof van die Departement Agronomie (tweede van links). By hulle is Dick David van Kempston Agri (links) en prof Danie Brink, waarnemende dekaan van die Fakulteit Agriwetenskappe (regs).