Agri Kultuur April / April 2016 | Page 36

Figuur 6: Opbrengsprestasie van kultivars in die Noordwes-Vrystaat (later aanplanting) oor die driejaar tydperk van 2013 tot 2015 Oos-Vrystaat vroeër plantings Soos verwag kan word met die ongunstige verbouingstoestande in 2015, was opbrengste in die Oos-Vrystaat laer as die medium termyn gemiddeld. In die vroeër aanplantings (Figuur 7) is ’n gemiddelde opbrengs van 2.23 ton/ha behaal. Figuur 7: Opbrengsprestasie van kultivars in die Oos-Vrystaat (vroeër aanplanting) in 2015 In hierdie reeks proewe het die opbrengste van die eerste nege kultivars nie statisties betekenisvol van mekaar verskil nie. Die opbrengste van die top nege kultivars het gewissel van 2.28 ton/ha (SST 3149) tot 2.44 ton/ha (PAN 3118). Die driejaar gemiddelde opbrengs (2013 tot 2015) in die Oos-Vrystaat se vroeër aanplantings was 2.77 ton/ ha (Figuur 8).