Agri Kultuur April / April 2016 | Page 33

Figuur 2: Maksimum temperature (Bethlehem) in die groeiseisoen gedurende 2015 in vergelyking met die 65 jaar langtermyn syfers In Augustus, Oktober en November, wat kritiese tydperke in die groeiseisoen is, was maksimum temperature deurgaans ongeveer 4oC hoër as normaal. Ook die minimum temperature was betekenisvol warmer (2oC) as die langtermyn gemiddeld. Die resultate wat in die Nasionale Kultivarproewe verkry is, weerspieël die ongunstige toestande wat in 2015 ervaar is:  As gevolg van droogtetoestande voor en tydens planttyd, is geen proefaanplantings in die Suid-Wes Vrystaat streek gedoen nie  Alhoewel die reeks proewe in die Sentraal-Vrystaat wel aangeplant is soos beplan, kon geeneen van die proewe gebruik word in die analisering van die data nie  Die opbrengste in 2015 in die Noordwes-Vrystaat was gemiddeld 21% laer as die vorige vier jaar se gemiddeld  In vergeleke met die vorige vier jaar was opbrengste in die Oos-Vrystaat 37% laer in 2015 Opbrengsresultate Noordwes-Vrystaat vroeër plantings Die gemiddelde opbrengs van die vroeër aanplantings in die Noordwes-Vrystaat vir die 2015 seisoen was 3.04 ton/ha (Figuur 3). Figuur 3: Opbrengsprestasie van kultivars in die Noordwes-Vrystaat (vroeër aanplanting) in 2015