Agri Kultuur April / April 2016 | Page 11

Photo: http://urbanaquaponia.blogspot.co.za/2013/04/the-history-of-aquaponics_10.html Lank voor die term akwaponika geskep is het die antieke Asteke indiane drywende vlotte op ‘n meer geplaas en daarop plante aangeplant (sowat 1000 n.C.) Hierdie sisteme vorm dus in essensie 'n selfonderhoudende hernubare stelsel wat nie nutriënte of bemestingstowwe vir die plante en vars water vir die akwatiese diere benodig nie. Huidige stelsels vereis steeds die toevoeging van vars sout en watervervanging as gevolg van verdamping en wateropname deur die plante, maar hierdie aspekte kan in beginsel ook uiteindelik geëlimineer word. Praktiese Gebruike Die gebruik van akwaponika is nie ʼn nuwe idee nie. Sommige historici verwys na die ou Egiptiese beskawing waar dit reeds toegepas is maar die modern siening van akwakultuur spruit voort uit die “permaculture” beweging wat as agro-ekologiese ontwerpsteorie in die 1970’s sy beslag gekry het. Ontwikkel deur Australiërs Bill Mollison en David Holmgren, was die idee om stabiele landboustelsels te ontwikkel. Sedertdien het akwaponika ‘n beweging in eie reg geword wat as ‘n model vir volhoubare voedselproduksie vir beide land en- akwatiese organismes dien. In ‘n onlangse publikasie deur die National Sustainable Agriculture Information Service (ATTRA), is ondersoek ingestel na die hedendaagse akwaponika stelsels in die Verenigde State en huidige navorsing oor die produksiemetodes. Volgens die publikasie, Aquaponics – Integration of Hydroponics with Aquaculture, begin boere in ‘n toenemende mate belangstelling in akwaponika toon weens die lae inset en afvalbestuur kostes en ook die “groen” resultate wat dit tot gevolg het. Ter bereiking van die volle potensiaal wat modern akwaponika inhou, word die gebruik van komplekse tegnologie en die vaardigheid van werkers ingespan om gelyktydig te moniteer, bestuur en die verskillende tipes landbouprodukte wat verkry word te bemark . Onlangse vernuwings het egter, volgens die verslag, akwaponiese tegnologie in ‘n lewensvatbare stelsel van voedselproduksie ontwikkel . Hierdie stelsels kan baie suksesvol toegepas word, maar dit vereis steeds spesiale oorwegings. Kennis van beide hidroponika en akwakultuur is noodsaaklik om ‘n doeltreffende stelsel