Agri Kultuur April / April 2016 | Page 10

Vertaling en verwerking: Sors Pretorius V olgens Adam Anson van The Fish Site het akwaponika aan die voorpunt van landboutegnologie ontstaan uit die abstrakte filosofie van konsentriese ideale. Ten spyte daarvan , baie jare later en nadat die modern konsep daarvan die eerste kommersiële erkenning gekry het, is die werklike potensiaal daarvan steeds nie ten volle ontsluit nie. Per definisie is akwaponika die simbiotiese verbouing van plante en akwatiese diere in ‘n hersirkulering omgewing. Ten spyte van die voordele wat dit vir die wêreld van akwakultuur en landbou kan inhou, word daar steeds selde hieraan aandag gegee. Voorstanders van Akwaponika sal sê dat ‘n goed gebalanseerde stelsel die koste van voeding, voedingstowwe, voortdurende arbeid en afvalbestuur kan uitwis. Op sy beurt kan die stelsel ‘n verskeidenheid van hoë opbrengste, hoë kwaliteit natuurlike voedselprodukte voorsien. In praktyk het van hierdie aspek egter nog min van ‘n werklikheid geword. Moderne akwaponiese stelsels vind gewoonlik onder tonnelbeskerming plaas om die ideale toestande te maksimaliseer. Water uit die vistenke word gefilter en hersirkuleer by wyse van die biologiese prosesse van die stelsel. Ammoniak, nitrate nitriete en fosfor word verwyder en die vars skoongemaakte water word dan teruggevoer na die gistenks. Op hul beurt word nutriënte uit die vismis, alge en ontbindede visvoedsel ( wat giftig vir die visse kan wees) as vloeibare bemesting na die hirdroponiese plante en stelsel hersirkuleer. Sommige van die oudste gedokumenteerde voorbeelde gaan meer as 4000 jaar terug na Sumerië waar die eerste idees vir die oprigting van visdamme gevind kon word. Ander beskawings het ook visdamme ontwikkel. Selfs die Romeine het Seebabers in groot marmertenks aangehou. Die Chinese Keisel Hongwu was bekend vir die goudvisse wat hy in porselein baddens in die 1300’s aangehou het. Vis is in die tye met die hoër klasse geassosieer. Hier is ‘n voobeeld van antieke vistenks uit die Romeinse tyd.. Photoe:http://www.organicaqua.co.za/fish-tank/a-brief-history-of-the-aquarium/