Afrikaans-Ekspo Handleiding 2023 | Page 6

ALGEMEEN

7 . VERSKILLENDE FASES VAN BEOORDELING

Nasionale beoordeling begin : 18 Augustus 2023
Punte word bekendgemaak :
6 Oktober 2023
Wenners word bekendgemaak :
10 Oktober 2023 op sosiale media
Deelnamesertifikate word uitgestuur :
10 Oktober 2023
8 . BEOORDELING EN ERKENNING
Deelnemers word volgens ouderdomsgroepe beoordeel . ' n Algehele wenner sal in elke graadafdeling ( ouderdomsgroep ) aangewys word . Die organiseerders behou egter die reg voor om , indien daar na hulle mening te min inskrywings in ' n afdeling is of as die standaard nie hoog genoeg is nie , nie ' n wenner in die spesifieke afdeling aan te wys nie .
Slegs nasionale beoordeling sal plaasvind . Die beoordelaars werk volgens ' n rubriek vir elke kategorie .
• ' n Deelnamesertifikaat word aan elke deelnemer in digitale formaat gestuur , wat by skole se prysuitdelings oorhandig kan word . Dit bly die deelnemer se verantwoordelikheid om sy / haar uitslae aan hul skool deur te gee .
• Die persentasies sal soos volg wees : - Blou deelnamesertifikaat < 59 % - Brons deelnamesertifikaat 60 % - 69 % - Silwer deelnamesertifikaat 70 % - 79 % - Goud deelnamesertifikaat 80 % - 89 % - Dubbel goud deelnamesertifikaat 90 % - 100 %
• Slegs die graadafdelingwenners ontvang pryse en gedrukte sertifikate .
• Die afdelingwenners se finale punt moet ' n minimum van 90 % wees .
• Die kontantpryse is soos volg : - Graad R-afdeling se wenner ontvang R300 . - Graad 1-afdeling se wenner ontvang R300 . - Graad 2-afdeling se wenner ontvang R300 . - Graad 3-afdeling se wenner ontvang R300 . - Graad 4-afdeling se wenner ontvang R500 . - Graad 5-afdeling se wenner ontvang R500 . - Graad 6-afdeling se wenner ontvang R500 . - Graad 7-afdeling se wenner ontvang R500 . - Graad 8-afdeling se wenner ontvang R500 . - Graad 9-afdeling se wenner ontvang R500 . - Graad 10-afdeling se wenner ontvang R500 . - Graad 11-afdeling se wenner ontvang R500 . - Graad 12-afdeling se wenner ontvang R500 . - Volwasse afdeling ( naskool tot en met 25 jaar ) se wenner ontvang R1 000 . - Die laerskool met die meeste inskrywings ontvang R5 000 . - Die hoërskool met die meeste inskrywings ontvang R5 000 .
• Hierdie wenners is die uitblinkers wat die tema die beste beskryf het , of dit nou deur ' n foto , opstel of gedig was .
• Skole en wenners van die afdelings kry ook mediablootstelling .
6
I N T E R N A S I O N A L E Afrikaans-Ekspo