Afrikaans-Ekspo Handleiding 2023 | Page 22

VOORDRAG

2 . WENKE

• Prosa is ' n storie of verhaal wat vertel word .
• Daar is gewoonlik meer as een karakter en verteller ter sprake in prosa .
• Die verteller van die storie is die belangrikste deel van die prosa .
• Onthou ! ' n Verhaal het gewoonlik ' n begin , ontwikkeling , klimaks , afloop en ' n einde .
• ' n Gedig kan aan sy tipografie herken word . Anders as prosa het gedigte kort reëls .
• Maak gebruik van jou gesigsuitdrukkings om die storie te vertel .
• Gebruik die tema wat gegee word tot jou voordeel en geniet dit .
• Moenie vaskyk in die tema van die jaar nie , dink ' n bietjie anders en vernuwend .
• Maak seker om oogkontak met die kamera te maak .
3 . OPDRAG
• Lewer ' n Afrikaanse stilstaande prosa , poësie of voorbereide lees oor enige onderwerp . OF
• Lewer ' n Afrikaanse stilstaande prosa , poësie of voorbereide lees met die tema van die jaar as die onderwerp .
• Plaas jou foon of videokamera op ' n staander dat jou beeld mooi vertoon .
• Video moet in “ Landscape ” geneem word .
• Wanneer jy die video neem , staan teen ' n skoon agtergrond ( soos ' n wit muur ).
• Sorg dat die lig van voor af op jou gesig val .
• Neem ' n kop en skouerskoot dat gesigsuitdrukkings gesien kan word .
• Maak seker jy is duidelik hoorbaar voordat jy jou video instuur .
• Onthou jy praat met ' n lewendige gehoor , so kyk in die kamera in .
• Dis stilstaande prosa , poësie of voorbereide lees , dus mag geen rekwisiete of gebare gebruik word nie ( met die uitsondering van ' n boek by Voorbereide lees ).
• Die prosa , poësie of voorbereide lees moet ouderdomstoepaslik wees .
• Die prosa en poësie moet gememoriseer word en mag nie afgelees word nie .
• Voorbereide lees moet goed voorbereid wees en vlot voorgelees word .
• Die leerders mag slegs swart drag of skoolklere dra , geen kostuums nie .
• Video ' s mag nie geredigeer word nie .
• Video ' s vir prosa , poësie of voorbereide lees mag nie die tydlimiet van 3 minute oorskry nie .
• ' n Video groter as 300 MB sal nie op projekte . co . za gelaai kan word nie . Dus moet video ' s kleiner gemaak word indien nodig voor dit opgelaai word .
22
I N T E R N A S I O N A L E Afrikaans-Ekspo