Afrikaans-Ekspo Handleiding 2023 | Page 13

OPSTEL

OPSTEL

1

. VOORSKRIFTE
1.1 Algemene voorskrifte :
• ' n Deelnemer mag in een of meer kategorieë deelneem .
• ' n Deelnemer skryf in volgens skoolgraad , dit wil sê óf in graad 6 , 7 , 8 , 9 , 10 , 11 , 12 óf die ope afdeling ( 18-25 jaar ; dui ouderdom aan ).
• NB ! Dieselfde inskrywings mag NIE meer as een keer ( jaar na jaar ) vir die Internasionale Afrikaans-Ekspo ingeskryf word NIE . Dit moet oorspronklike werk wees wat nog nie voorheen ingeskryf is nie .
• Alle inskrywings moet die deelnemer se eie , selfstandige , unieke en nuwe werk wees .
• LET WEL ! Die beoordelaars is onafhanklik van die FAK en hulle beslissings vir die finaliste is finaal .
• Die finaliste sal aan ons uitnemende hoofbeoordelaars gestuur word . Hulle sal dan die finale wenner aanwys .
1.2 Voorskrifte vir die hantering van ' n inskrywing :
• Die opstel moet getik wees , met die volgende vereistes : - Font : Calibri - Lettergrootte : 12 - Spasiëring : 1½ - Kantlyne : 20 mm rondom
• Bo-aan jou werkstuk / inskrywing moet die volgende inligting aangebring word : - Naam en van - Graad / ouderdom - Afrikaans eerste taal ( huistaal ) / Afrikaans tweede taal ( addisionele taal ) - Kategorie - Titel
• Die inskrywings moet op projekte . co . za gelaai word .
• Heg die opstel in pdf-formaat aan .
• Indien meer as een inskrywing vir hierdie kategorie ingeskryf word ( bv . een leerder wat twee opstelle wil inskryf ), moet elke inskrywing apart aanlyn ingedien word .
• Geen handgeskrewe opstel sal aanvaar word nie .
I N T E R N A S I O N A L E Afrikaans-Ekspo
13